Rannoch Moor
Rannoch Moor ['rænəx] Skots-Gaelies: Mòinteach Raineach/Raithneach, is 'n uitgestrekte heideveld met 'n oppervlakte van 50 vierkante myl (130 vk km) wes van Loch Rannoch in Skotland. Die gebied - 'n driehoekvormige plato met Loch Rannoch in die ooste, Loch Tulla in die suide en Glen Coe in die weste as sy drie punte, op 'n hoogte van 300 tot 400 m bo seevlak - is ongeskik vir enige landbouaktiwiteit en derhalwe feitlik onbewoon, met die grootpad A82 (wat Glasgow met Fort William in die Skotse Hoogland verbind) in die suidweste en die spoorlyn van die West Highland Line as die enigste noemenswaardige menslike infrastruktuur. Baie van die westelike dele van Rannoch Moor is in die Ben Nevis and Glen Coe National Scenic Area geleë, een van 'n veertigtal nasionale gebiede van besondere natuurskoon in Skotland.
,Verwysings
wysigEksterne skakels
wysig- Toerisme
- Media