Raytheon
Raytheon Company is 'n belangrike Amerikaanse nywerheidsreus en wapenkontrakteur met belange in die wapenbedryf asook in militêre en kommersiële elektronika, kommunikasiestelsels en kuberveiligheid.[1] As vervaardiger van tagtig persent van alle magnetronbuise, wat in destydse Britse en Amerikaanse radarstelsels gebruik is, het Raytheon 'n beslissende rol gedurende die Tweede Wêreldoorlog gespeel.
Raytheon Company | |
Tipe | Publieke maatskappy |
---|---|
Gestig | 7 Julie 1922 in Cambridge, Massachusetts, VSA |
Hoofkantoor | Waltham, Massachusetts, Verenigde State |
Sleutelpersone | Thomas A. Kennedy (hoof uitvoerende beampte) |
Gebied bedien | Wêreldwyd |
Industrie | Lugvaart, wapenbedryf, inligtingstegnologie |
Produkte | Beheerde missiele en ander |
Inkomste | 25,348 miljard VSA-$ (2017) |
Bedryfsinkomste | 3,318 miljard VSA-$ (2017) |
Netto inkomste | 2,024 miljard VSA-$ (2017) |
Werknemers | 67 000 (2018) |
Webwerf | raytheon.com |
Latere tegnologiese deurbrake het die ontwikkeling van die eerste mikrogolfoond deur Raytheon-ingenieur Percy Spencer (1894-1970) en die digitale rekenaar ingesluit wat gebruik is om die Apollo 11-ruimtetuig tydens die eerste maanlanding in 1969 te beheer.