Reigerpark
Reigerpark is 'n voormalige bruin woonbuurt in Boksburg in die Ekurhuleni Metropolitaanse Munisipaliteit, Gauteng, Suid-Afrika. Dit is gestig as Stirtonville ná die Tweede Wêreldoorlog toe mense ingestroom het uit landelike gebiede op soek na werk in die goudmyne. In 1963, as gevolg van die beleid van afsonderlike ontwikkeling, het die apartheidsregering die swart mense verskuif na Vosloorus, die Indiërs na Actonville en die bruin mense het oorgebly in Stirtonville, later herdoop tot Reigerpark.
Reigerpark | |
---|---|
Koördinate: 26°13′52″S 28°18′58″O / 26.23111°S 28.31611°O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Gauteng |
Munisipaliteit | Ekurhuleni |
Oppervlak | |
• Totaal | 3,46 km2 (1,34 vk. myl) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 39 345 |
• Digtheid | 11 371/km2 (29 450/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 0.3% |
• Indiërs/Asiërs | 0.9% |
• Bruin mense | 46.6% |
• Swart mense | 51.7% |
• Ander | 0.5% |
Taal (2011) | |
• Afrikaans | 43.1% |
• Xhosa | 13.4% |
• Noord-Sotho | 12.6% |
• Sotho | 7.3% |
• Ander | 23.6% |
Skakelkode | 010 |
Trivia
wysigDie plaaslike inwoners het hul eie nieamptelike name aan die verskillende gebiede van Reigerpark gegee, byvoorbeeld "Jerusalem" (as gevolg van die baie kerke in die gebied); "Excuse me", as gevolg van huise wat so naby aan mekaar gebou is, dat wanneer jy nies, jou buurman sê: "Bless you!"; en "Popcorn", 'n nuwe gebied wat in die 1990's ontwikkel is waar die huise so vinnig opgeskiet het dat hulle vergelyk is met springmielies.
Geweld en misdaad
wysigIn 1997 het die Popcorn-gebied gewelddadige huurboikotte beleef; in 2008 was dit een van die plekke van geweld tydens die anti-immigrante onluste, met brandstigting, aanrandings en moord op immigrante (veral spaza-eienaars) in wat beskryf is as "oorlogsones" op strate.
Sien ook
wysigVerwysings
wysig- ↑ 1,0 1,1 1,2 1,3 "Subplek Reigerpark". Sensus 2011.