Rekenaarhardeware
behels die tasbare komponente waaruit 'n rekenaar bestaan
Skets van 'n persoonlike rekenaar | ||
---|---|---|
1. Rekeraarskerm (monitor) | 5. Uitbreidingskaarte | |
2. Moederbord | 6. Kragtoevoer | |
3. SVE | 7. Optiese skyf | |
4. Geheue (RAM) | 8. Hardeskyf | |
9. Sleutelbord | 10. Muis |
Rekenaarhardeware (ook soms apparatuur genoem, teenoor sagteware of programmatuur) behels die tasbare komponente waaruit 'n rekenaar bestaan. Die onderskeid tussen hardeware en sagteware is soms onduidelik, byvoorbeeld in die geval van fermware.
Sekere komponente kom in meeste rekenaars voor: verwerker, geheue, kommunikasiebus(se), toevoer- en afvoertoestelle.
Persoonlike rekenaar
wysigPersoonlike rekenaars bevat gewoonlik ten minste die volgende hardeware:
Onderdele
wysig- Rekenaarkas
- Monitor (skerm) (Buis CRT of LCD-skerm)
- Sleutelbord
- Muis
- Hardeskyf
- CD-, DVD-, of Blu-rayaandrywer
- Moederbord
- Geheue
- Verwerker (SVE, in Engels: CPU)
- Grafikakaart
- Klankkaart
- Netwerkkaart en/of modem
Volledige eenhede
wysig(Gesorteer van groot na klein)
- Draagbare rekenaar / Drarekenaar (Engels: Portable PC)
- Skootrekenaar (Engels: Laptop)
- Notaboekrekenaar (Engels: Notebook / Notebook PC)
- Handrekenaar (Engels: Palmtop / Palm PC)
- Sakrekenaar (Engels: Pocket Computer)
- Persoonlike Digitale Assistent (Engels: PDA / Personal Digital Assistent)