Vlakteriet
(Aangestuur vanaf Restio quadratus)
Die vlakteriet (Restio quadratus) is 'n plant wat tot die restio's behoort, rietagtige plante wat kenmerkend is aan die Kaapse floraryk. Dit kom in die Wes-Kaap voor. Op die SANBI-rooilys is hierdie plant, wat endemies aan Suid-Afrika is, as veilig (LC) gelys.[1]
Vlakteriet | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
(geen rang): | |
(geen rang): | |
(geen rang): | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | Restio
|
Spesie: | R. quadratus
|
Binomiale naam | |
Restio quadratus Mast., (1869)
|
Dit is 'n rietagtige plant wat 2 m lank kan word en digte donkergroen pluime het wat pluiserig uitsien. Dit groei op die vlaktes veral op plekke waar water uit die grond sypel. Die vlakteriet kan maklik herken word deurdat sy stingels 'n vierkantige deursnee besit. Die wetenskaplike naam quadratus verwys daarna.[2]
Galery
wysig-
Die pluime
-
Die vierkantige stingel
Verwysings
wysig- ↑ "SANBI-rooilys" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Junie 2020.
- ↑ "PlantZAfrica" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 Maart 2015.
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Vlakteriet.