Reuse-modderkrap
Die Reuse-modderkrap (Scylla serrata) is 'n krap wat aan die suid- en ooskus van Suid-Afrika voorkom en is bruin tot groen van kleur. Dit is een van die grootste swemkrappe met groot knypers en spaanvormige agterpote. Dit kom voor in moddervlaktes van riviermondings. Die groot knypers kan skade veroorsaak. Die krap kan tot 30 cm breed word. Dit is ook eetbaar en gewild onder die fynproewers.
Reuse-modderkrap | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Animalia |
Filum: | Arthropoda |
Subfilum: | Crustacea |
Klas: | Malacostraca |
Orde: | Decapoda |
Familie: | Portunidae |
Genus: | Scylla |
Spesie: | S. serrata
|
Binomiale naam | |
Scylla serrata (Forsskål, 1775)
|
Bron
wysig- Gids tot die Kusgebiede van Suid-Afrika. Jacana Media. 2007. ISBN 978-1-77009-215-0