Rita (televisiereeks)

Rita is 'n Deense komedie-drama-televisiereeks wat deur Christian Torpe vir die Deense televisiekanaal TV 2 geskep is en wat sedert Februarie 2012 uitgesaai is. Die reeks het vyf seisoene opgelewer en is internasionaal deur Netflix versprei, wat ook medevervaardiger was van die derde, vierde en vyfde seisoene. Die vyfde en laaste seisoen het op 1 Junie 2020 in Denemarke op die televisie begin draai met 'n finale uitsending op 20 Julie 2020, en het op 15 Augustus 2020 op Netflix verskyn.

Rolverdeling

wysig
Akteur Karakter Notas
Mille Dinesen Rita Madsen Onderwyser
Carsten Bjørnlund Rasmus Skoolhoof
Ellen Hillingsø Helle Voorligter
Lise Baastrup Hjørdis Onderwyser
Kristoffer Fabricius Uffe Hjørdis se kêrel
Nikolaj Groth Christensen Jeppe Madsen Rita se jongste seun
Morten Vang Simonsen Ricco Madsen Rita se oudste seun
Sara Hjort Ditlevsen Molly Madsen Rita se dogter
Lykke Sand Michelsen Bitten Dyrehave Ricco se vrou
Carsten Norgaard Tom Dyrehave Bitten se vader en Rita se gewese kêrel
Lotte Andersen Jette Dyrehave Bitten se moeder
Lea Maria Høyer Stensnaes Rosa Student
Ferdinand Glad Bak David Jeppe se kêrel
Lisbet Lundquist Lillebeth Schmidt Kronborg Rita se moeder
Peter Gantzler Niels Madsen Rita se gewese man en vader van haar kinders
Alexandre Willaume-Jantzen Jonas Onderwyser
Tommy Kenter Erik Onderwyser
Laura Bach Gitte Nielsen Rita se suster
Charlotte Munck Lea Rita se klasmaat in die laerskool
Sofie Juul Jong Lea 16-jarige Lea
Tessa Hoder Jong Rita Madsen 16-jarige Rita
Ole Lemmeke Bjarne Skoolhoof
Søs Egelind Gerd Student