Riviersonderend-tolbos

Spesie van die tolbosse

Die Riviersonderend-tolbos (Leucadendron burchellii) is 'n blomdraende struik wat tot die genus Leucadendron behoort en deel van die fynbos-bioom vorm. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap waar dit voorkom in die Riviersonderendberge vanaf Jonaskop tot by McGregor.

Riviersonderend-tolbos
Wetenskaplike klassifikasie edit
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Plantae
Klade: Tracheofiete
Klade: Angiospermae
Klade: Eudicots
Orde: Proteales
Familie: Proteaceae
Genus: Leucadendron
Spesie:
L. burchellii
Binomiale naam
Leucadendron burchellii
I.Williams, (1972)

Die struik word 1,6 m hoog en blom in Augustus. Die plant vrek na 'n brand maar die sade oorleef. Die sade word geberg in 'n tol op die vroulike plant en val na die grond na twee maande. Die saad word hierna deur miere versprei wat dit na hulle neste toe dra. Die plant is eenslagtig en daar is afsonderlike plante met manlike- en vroulike blomme, wat deur die werking van klein kewers bestuif word. Die plant groei op noordelike hellings in klipperige of sanderige sandsteengrond op hoogtes van 800 tot 1000 m.

In Engels staan dit as die Riviersonderend conebush bekend.

Bronnelys

wysig