Ronnie Govender
Sathiseelan Gurilingam "Ronnie" Govender OIS (16 Mei 1934 - 29 April 2021) was 'n Suid-Afrikaanse dramaturg, teaterregisseur en aktivis bekend vir sy gemeenskapsteaterpogings.[1] Hy was bekend as 'n pionier van die Indiese Suid-Afrikaanse teater in die land. Sommige van sy noemenswaardige werke sluit in: Black Chin White Chin, Song of the Atman, en At the Edge and Other Cato Manor Stories. At the Edge het die 1997 ''Commonwealth Writers' Prize'' gewen vir beste eerste boek uit Afrika.
Govender het die regering van Suid-Afrika se Orde van Ikhamanga ontvang in 2008 vir sy bydraes tot demokrasie, vrede en geregtigheid in die land deur middel van teater.
Vroeë lewe
wysigSathiseelan Gurilingam Govender is gebore op 16 Mei 1934 in Cato Manor, 'n Indiese gebied van Durban.[2]Sy vader is ook in Cato Manor gebore, terwyl sy moeder in Fynnlands, 'n ander deel van Durban, gebore is. Sy grootouers aan beide kante van die gesin kom van Suid-Indië. Na voltooiing van hul termyn van kontrakarbeid, het sy grootouers hulle in Cato Manor gevestig. Soos ander Indiese gesinne in Suid-Afrika, het hulle 'n klein stuk grond gekoop om groente te verbou. Sy oupa aan moederskant het 'n hoftolk geword. Sy pa was 'n vragmotorbestuurder en sy ma 'n huisvrou. Govender het tien broers en susters.[2]
Persoonlike lewe
wysigSy dogter, Pregs Govender, is 'n menseregte aktivis en voormalige LP.[3]
Govender sterf op 29 April 2021 as 'n gevolg van ouderdom verwante siektes. Hy was 86 jaar oud.[4]
Werke
wysig- An Edition of the Collected Plays of Ronnie Govender, Universiteit van Natal, 1991
- The Lahnee's Pleasure. Ravan Press. 1992. ISBN 978-0-86975-087-2.
- At the Edge and Other Cato Manor Stories, Manx, 1996
- Song of the Atman, Jacana Media, 2006, ISBN 978-17-7009-186-3
- Interplay: A Collection of South African Plays, MANX, 2006, ISBN 978-1-919690-97-1
- Black Chin White Chin, HarperCollins, 2007, ISBN 978-81-7223-690-8
- In the Manure: Memories and Reflections, David Philip, 2008, ISBN 978-0-86486-720-9
Verwysings
wysig- ↑ https://johannesburgreviewofbooks.com/2021/05/03/ronnie-govender-1934-2021-rip/
- ↑ 2,0 2,1 "Ronnie Govender | South African History Online". www.sahistory.org.za. Besoek op 29 April 2021.
- ↑ "Pregs Govender". Literary Tourism www.literarytourism.co.za. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Maart 2016. Besoek op 22 November 2014.
- ↑ "Legendary activist and playwright Ronnie Govender has died". www.iol.co.za (in Engels). Besoek op 29 April 2021.
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Ronnie Govender.
- Onderhoud oor die "Voices of Resistance" projek (2002) by die Universiteit van Durban-Westville
- Uittreksel uit "Brothers of the Spirit" (1996)
- Jailoshini Naidoo vertoon 'At The Edge' and Other Cato Manor Stories (2014)
- Premiere of "At the Edge" (1990)