Ronse
Ronse (Frans: Renaix) is 'n Belgiese stad en munisipaliteit in die suidweste van die Vlaamse provinsie Oos-Vlaandere, aan die grens met die Waalse provinsie Hainaut. Die munisipale gebied het sowat 25 000 inwoners (2011) en 'n oppervlakte van 34 km².
Ronse Renaix | |
---|---|
Munisipaliteit | |
Sint-Hermèskerk | |
Ligging van Ronse in die provinsie Oos-Vlaandere | |
Koördinate: 50°45′00″N 3°36′00″O / 50.75000°N 3.60000°O | |
Land | België |
Gewes (deelstaat) | Vlaandere |
Provinsie | Oos-Vlaandere |
Regering | |
• Burgemeester | Luc Dupont (CD&V) |
Oppervlak | |
• Totaal | 34,48 km2 (13,31 vk. myl) |
Bevolking | |
• Totaal | 25 176 |
• Digtheid | 730/km2 (1 900/vk. myl) |
Poskode | 9600 |
Skakelkodes | 055 |
Webwerf | www.ronse.be |
Ronse lê in die Vlaamse Ardenne. Die stad is amtelik Nederlandstalig maar dit lê op die taalgrens en die Belgiese grondwet bepaal dat daar 'taalfasiliteite' aangebied moet word. Indien burgers vra om in Frans te woord gestaan te word, moet die munisipaliteit dit ook doen.
Besienswaardighede
wysig- Sint-Hermeskerk
- Tekstielmuseum
- Folkloremuseum
Geboortes
wysig- Rudy Demotte (1963), Waalse politikus (Eerste Minister van die Waalse Gewes en die Franse Gemeenskap)
Eksterne skakels
wysigWikimedia Commons bevat media in verband met Ronse. |