Rooiborslaksman
Die rooiborslaksman, Laniarius atrococcineus, is 'n insekvretende, kleurvolle voël met 'n karmosynrooi bors, maar in uitsonderlike gevalle 'n gele. Atrococcineus beteken swartrooi. Dit is 'n bosveldvoël wat in doringveld, dikwels in droër sanderige omgewings in suidelike Afrika voorkom.
Rooiborslaksman | |
---|---|
Volwasse mannetjie | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | L. atrococcineus
|
Binomiale naam | |
Laniarius atrococcineus (Burchell, 1822)
|
Die swartkoekoek, 'n broeiparasiet, gebruik onder andere hierdie voël as broeigasheer vir sy kleintjies.
Kortlikse identifikasie
wysigGrootte
wysig- Groter as 'n gewone mossie, kleiner as 'n tortelduif.
Snawel
wysig- Donker, stewige, inseketer vorm, met 'n haak aan die punt van die bo-mandibel.
Pote
wysig- Donker met drie tone vorentoe, een agtertoon en lang, krom toonnaels.
Veredos
wysig- Karmosynrooi onder, swart bo met wit strepe in die vlerke.
Gewoontes
wysig- Toer wippende op die grond en deur die takke van bome.
Habitat
wysig- Bosveld, doringveld, dikwels droër, sanderige omgewings.
Geluid
wysig- Duidelike, deurdringende roep wat ver dra.
Status
wysig- Algemeen
Kan verwar met
wysig- Geen.
Identifikasie
wysigMate
wysig- Groter as 'n gewone mossie, kleiner as 'n tortelduif.
Lengte
wysig- 22-23 sentimeter.
Gewig
wysig- 48 gram.
Snawel
wysig- Blinkswart, stewige, inseketer vorm, met 'n haak aan die punt van die bo-mandibel.
Pote
wysig- Swart met drie tone vorentoe, een agtertoon en lang, krom toonnaels. Tarsus sigbaar, onderste stukkie van tibia is sigbaar, maar met swart veertjies bedek.
Veredos
wysigManlik
wysig- Karmosynrooi keel, -bors, -pens en –onderstertdekvere.
- Swart agterkop, -rug, -kruis, -bo-stertdekvere. Vlerke is swart met duidelike wit strepe op die vlerke.
Vroulik
wysig- Soos manlik.
Gewoontes
wysig- Een of twee toer wippende op die grond en deur die takke van bome.
Habitat
wysig- Bosveld, doringveld, dikwels droër, sanderige omgewings.
- Kompeteer dikwels met die fiskaallaksman vir habitat.
Geluid
wysig- Duidelike, deurdringende roep wat ver dra.
Status
wysig- Algemeen
Verspreiding
wysig- Suidwes Angola, Namibië, Botswana, Noord-Kaap: noord van die Oranje-rivier, Noordwes, Limpopo, noord en wes Mpumalanga, Gauteng, noord- en wes-Vrystaat.
Kos
wysig- Insekte
Kan verwar met
wysig- Geen.
Naam
wysigLatyn
wysig- Laniarius atrococcineus
Engels
wysig- Crimsonbreasted Shrike/Gonolek
Ou identifikasie nommer
wysig- 739
Sien ook
wysigBronnelys
wysig- Maclean, Gordon Lindsay Roberts’ Birds of Southern Africa. John Voelcker Bird Book Fund, Kaapstad, 1985.
- Newman, Kenneth Newman se Voëls van Suider-Afrika. Southern Boekuitgewers (lid van New Holland Struik Groep), Halfweghuis, 1991.
- Sinclair, Ian, Hockey, P.A.R., Arlott, Norman The larger illustrated guide to birds of southern Africa. Struik Publishers (lid van New Holland Uitgewers), Kaapstad, 2005