Rooivygie
plantspesie
Die rooivygie (Lampranthus coccineus) is 'n blomplant wat in die lente blom en is endemies aan die Wes-Kaap waar dit onder andere deel van die fynbos is. Dit kom van Graafwater tot by Saldanha en Darling voor. Dit het 'n voorkomsgebied van 1063 km². Die spesie het egter reeds 80% van sy habitat afgestaan aan gewasverbouing en daar slegs vyf, klein subpopulasies oor. Van die gewasse is rooibostee en aartappels. Die totale populasie is kleiner as 250 plante.
Rooivygie | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Orde: | Caryophyllales |
Familie: | Aizoaceae |
Genus: | Lampranthus |
Spesie: | L. coccineus
|
Binomiale naam | |
Lampranthus coccineus (Haw.) N.E.Br., (1930)
| |
Sinonieme | |
Dit is 'n vinnige groeiende rankerige plant met klein, vlesige blare en blink, helderrooi blomme wat net op sonskyndae oopgaan. Daar is baie ander verwante spesies. Die plant verkies vol son en min water.
Bronne
wysig- REDLIST Sanbi
- Plants of the World Online
- Die Suid-Afrikaanse Gids- feite en wenke. Isabel Uys. 2009 ISBN 978-1-86919-324-9