Rugbywoordelys
Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
Die artikel dien as woordelys vir algemene rugbyterme.
Aangee
wysig'n Speler gooi die bal na 'n ander speler. As 'n speler die bal met die hand aan ’n ander speler gee sonder om dit te gooi, is dit ook ’n aangee. 'n Fop-aangee is wanneer 'n speler maak asof hy die bal aangee, maar dit dan nie doen nie. Die bal moet altyd agtertoe aangegee word.
Afbreekpunt
wysigAfskop
wysigBehalwe om die wedstryd te begin, vind 'n afskop ook van die middelkolletjie af plaas nadat enige span punte aangeteken het. Die verdedigende span skop af en die bal moet ten minste 10 m ver trek, behalwe 'n inskop van die 22 m-lyn af. Die span wat afskop se spelers moet agter die bal (of die lyn) wees wanneer die skopper afskop. Indien die bal per abuis direk uitgeskop word, of oor die (agterste) doodlyn rol sonder dat aan dit geraak is, kom die spanne terug vir 'n skrum op die middelkolletjie.
Afstorm
wysigBloedbesering
wysigJy bloei — jy gaan af — hulle verbind jou — jy gaan weer op.
Bonuspunt
wysig'n Bonuspunt word deesdae behaal indien 'n span vier of meer drieë in 'n wedstryd druk, of met minder as 7 punte verloor het (troosprys). Dit verbeter die aanskoulikheid van rugby, aangesien spanne eerder drieë wil druk as strafdoele wil behaal vir hulle wenpunte. Deur 'n bonuspunt te verdien is belangrik later in 'n toernooi, aangesien ewe sterk spanne op dieselfde puntetotaal vir die seisoen mag eindig, maar hul bonuspunt(e) tel dan in hulle guns vir 'n beter rangposisie.
Boorvat
wysigHierdie word as 'n aartsonde beskou, weens die risiko van ernstige besering of selfs die dood van 'n speler. Indien 'n verdediger 'n ander speler duik en dié speler se lyf deur meer as 90 grade in die lug roteer, hard grond toe bring met gewoonlik die kop, nek of skouers eerste; word gesê dat 'n boorvat ("spear tackle") uitgevoer is deur die verdediger. Dit is strafbaar met 'n rooikaart.
Dooddruk
wysigAs die verdedigende span die bal in hul eie doelgebied druk, is dit 'n "dooddruk" met 'n 22 m-inskop of 'n 5 m-skrum.
Drie
wysigDit is die hoofmetode van punte aanteken in 'n rugbywedstryd. Die bal moet deur die aanvallende span oor (of op) die verdedigende span se doellyn met afwaartse drukking op die grond geplaas word. 'n Drie word "gedruk" deur 'n speler en tel 5 punte. Daar is nie so iets soos 'n "eie drie" nie. As die verdedigende span die bal in die doelgebied druk, is dit 'n "dooddruk" met 'n 22 m-inskop of 'n 5 m-skrum.
Duikslag
wysigFase
wysigGeelkaart
wysigHeelagter
wysigSien heelagter.
Kruisskop
wysigLosgemaal
wysigLosskrum
wysigLugskop
wysigLynregter
wysigLynskop
wysigMan-oor
wysigObstruksie
wysig'n Oortreding waar 'n speler doelbewus 'n teenstander, wat nie die bal het nie, belemmer.
Omkeer
wysigOnkant
wysigOopkant
wysigPlaasvervanger
wysigProfessionele oortreding
wysigRooikaart
wysigErger as 'n geelkaart! Permanent afgestuur.
Senter
wysigSien senter.
Skaapvang/Enkelklap
wysigSkeidsregter
wysigSkepdoel
wysigSkepskop
wysigStelskop
wysigStrafdoel
wysigStrafdrie
wysigStrafskop
wysigTikskoppie
wysigDit is die vinnige neem van 'n strafskop, om die verdedigende span onverhoeds te betrap. Die bal moet die speler se hande verlaat en die voete raak, maar kan dadelik terugspring in sy hande voordat daar gehardloop of weer geskop word.
Televisieskeidsregter
wysig(TMO)
Toetswedstryd
wysig'n Internasionale wedstryd tussen twee lande se spanne.
Verdoel
wysigNadat 'n drie aangeteken is, kry daardie span geleentheid om dit te "verdoel" met 'n stelskop pale toe. Indien die skop oor is, is dit 2 punte werd op die telbord.
Voordeel
wysig"Voordeel" is die tydperk na 'n oortreding waarin die nie-oortredende span die geleentheid kry om voldoende grondgebied of taktiese voordeel te bekom sonder om die spel te stop as gevolg van die oortreding. Die skeidsregter sal voordeel wys met sy arm horisontaal uitgestrek na die nie-oortredende span. Indien geen taktiese of gebiedsvoordeel verkry word nie, sal die skeidsregter sy fluitjie blaas en die besluit gee wat vertraag was. As voldoende voordeel verkry is, sal die skeidsregter "voordeel verby" roep, en spel sal voortgaan. Die voordeelreël laat die spel vryliker vloei, en onderbreek nie spel vir elke klein oortreding nie.
Voordeellyn
wysigVorentoe-aangee
wysigVolgens die reels van die spel is dit die vorentoe gooi van die bal. 'n Vorentoe-aangee vind plaas wanneer die bal versuim om terug te sweef in 'n aangee. As die bal nie vorentoe gegooi is nie, maar dit reflekteer (bons) vorentoe nadat dit 'n speler of die grond getref het, is dit nie 'n vorentoe-aangee nie.
Vryskop
wysig(Shortarm penalty)
Vuilspel
wysig"Vuilspel" word as die opsetlike oortreding van die spelreëls gedefinieer.
Vyfmeterskrum
wysig'n Skrum wat presies vyf meter van 'n verdedigende span se doellyn beveel word. Die aanvallende span het drooggemaak, maar daar kan nie op die doellyn geskrum word nie, dus word 5 meter weggetreë.