Ruggiero Leoncavallo
Ruggero Leoncavallo (1857–1919) was 'n Italiaanse operakomponis wat in Napels gebore is. Hy het aan die konservatorium in Napels studeer en 'n bestaan gemaak deur musiekonderrig te gee en konserte in kafees te hou.
Ruggero Leoncavallo | |
---|---|
Ruggero Leoncavallo in 1913 | |
Agtergrondinligting | |
Gebore | Napels, Italië | 23 April 1857
Sterf | 9 Augustus 1919 (op 62) Montecatini Terme, Toskane, Italië |
Genres | Opera |
Beroep(e) | Komponis en librettis |
Instrumente | Klavier |
Sy eerste operas het nie byval gevind nie, maar met I Pagliacci, 'n verismo-opera, gebaseer op 'n moordaanval wat werklik plaasgevind het, het Leoncavallo sy plek in die musiekgeskiedenis verower. Die eerste produksie in Milaan in 1892 was 'n oorweldigende sukses en is tot vandag toe een van die wêreld se gunsteling-operas.
Leoncavallo se operas La Bohème (1897) en Zazà (1900) het slegs tydelik byval gevind.
Dit het tradisie geword om I Pagliacci saam met Pietro Mascagni se Cavalleria rusticana, ook 'n verismo-opera, op te voer.
Bronnelys
wysig- Wêreldspektrum, Vol. 17, 42, ISBN 0 908409 58 3
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Ruggiero Leoncavallo.
- (en) "Ruggero Leoncavallo". Encyclopædia Britannica. Besoek op 11 September 2019.
- (en) Ruggiero Leoncavallo in die Internet-rolprentdatabasis
- (en) Ruggiero Leoncavallo by Find a Grave