Ruitersbosspeldekussing
speldekussing-spesie
(Aangestuur vanaf Ruiterbosspeldekussing)
Die ruitersbosspeldekussing (Leucospermum hamatum) is 'n blomdraende struik wat tot die genus Leucospermum behoort en deel van die fynbos-bioom vorm. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap, waar dit voorkom by Klein Moerasrivier in die Outeniekwaberge. Die struik is klein en word slegs 10 cm hoog. Dit dra blomme van Julie tot November.
Ruitersbosspeldekussing | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Orde: | Proteales |
Familie: | Proteaceae |
Genus: | Leucospermum |
Spesie: | L. hamatum
|
Binomiale naam | |
Leucospermum hamatum Rourke, (1983)
|
In Engels staan dit as die Ruitersbos pincushion bekend.