Sts 14
(Aangestuur vanaf STS 14)
Katalogusnommer | Sts 14 |
---|---|
Spesie | Australopithecus africanus |
Ouderdom | 2,6-2,8 miljoen jaar |
Plek ontdek | Sterkfontein, Suid-Afrika |
Datum ontdek | 1947 |
Ontdek deur | Robert Broom |
Sts 14 is ’n fossiele pelvis, ruggraat, rib en femur van die spesie Australopithecus africanus wat in 1947 deur Robert Broom ontdek is in die Sterkfonteingrotte in Suid-Afrika. Dit is na raming 2,6-2,8 miljoen jaar oud.
Dit het ’n uitsonderlike mensagtige pelvis, wat nie ooreenstem met enige ander dier s’n nie. Dit lyk of dit in ’n mate op twee bene geloop het. Dit is die eerste vonds wat bewys dat diere voor Homo sapiens al op twee bene geloop het.
Sommige wetenskaplikes meen Sts 14 kan aan Mev. Ples behoort (hoewel haar ouderdom op 2,15 miljoen jaar geraam word).[1]
Verwysings
wysig- ↑ "Surprise museum find links Mrs Ples skull to rest of body" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Oktober 2012. Besoek op 11 Julie 2007.
Eksterne skakels
wysig- Foto van STS 14 Geargiveer 18 Januarie 2006 op Wayback Machine
- Tattersall, Ian, Schwartz, Jeffery (2000). Extinct Humans. Westview Press, Boulder CO. ISBN 0-8133-3482-9.
{{cite book}}
: AS1-onderhoud: meer as een naam (link) - Larsen, Clark Spencer, Matter, Robert M, Gebo, Daniel L (1991). Human Origins: the fossil record. Waveland Press, Prospect Heights, Illinois. ISBN 0-88133-575-4.
{{cite book}}
: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)