Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas.
'n Saamgeperste grondblok (dikwels na bloot verwys as CEB, die Engelse afkorting vir Compressed Earth Block) is 'n soort voorafvervaardigde boumateriaal. Dit word in 'n meganiese pers gemaak wat die saamgeperste blok vorm uit 'n geskikte mengsel van redelik-droë anorganiese grond, nie-uitsetbare klei, vulmateriaal (klip-aggregaat) en soms 'n klein hoeveelheid sement.
Gewoonlik word 'n druk van sowat 20 MPa (3000 psi) toegepas tydens die kompressie en die oorspronklike grondvolume verminder met omtrent die helfte. Die breeksterkte van 'n korrekvervaardigde CEB kan dié van 'n gewone sementsteen of baksteen ewenaar en selfs oorskry. Boustandaarde is ontwikkel vir CEB.