Maak hoofkeuseskerm oop

Skakels is 'n belangrike kenmerk van Wikipedia. Interne skakels bind die ensiklopedie in 'n onderling verbonde geheel. Interwikiskakels verbind die ensiklopedie met susterprojekte soos Wikisource, Wiktionary, en Wikipedia in ander tale. Eksterne skakels verbind Wikipedia met die Wêreldwye Web.

Toepaslike skakels verskaf 'n onmiddellike roete na 'n vollediger begrip van die betrokke onderwerp. Wanneer ookal 'n artikel geskryf of gewysig word, is die belangrik om nie net te oorweeg watter inhoud om in die artikel te plaas nie, maar ook watter skakels om in te sluit om die leser te help om verwante inligting op te spoor, sowel as watter ander bladsye na die artikel moet skakel. Sorg moet geneem word om te verhoed dat te veel of te min skakels ingesluit word.

Hierdie bladsy verskaf riglyne oor skakels gebruik moet word al dan nie, en hoe om skakels te formatteer.

Inhoud

BeginselsWysig

Algemene riglyne in verband met skakelsWysig

Te veel skakels en te min skakelsWysig

Wat gewoonlik geskakel moet wordWysig

'n Artikel het te min skakels indien woorde wat na artikels kan lei wat begrip van die artikel kan verbeter, nie geskakel is nie. In die algemeen moet skakels geskep word vir:

  • Relevante konneksies met ander artikels wat lesers in staat sal stel om die huidige artikel beter te verstaan. Met ander woorde, skakels moet geskep word vir mense, gebeurtenisse, en onderwerpe wat reeds 'n artikel het of vanselfsprekend een verdien, solank die skakel relevant is tot die artikel ter sprake.
  • Artikels met relevante inligting, byvoorbeeld: "sien HTML vir relevante agtergrond"
  • Artikels wat tegniese terme, jargon, of slang-uitdrukkings/-frases verduidelik—u kan egter ook 'n bondige definisie in plaas van of bykomstig tot 'n skakel insluit. Indien daar geen toepaslike Wikipedia-artikel bestaan nie, kan 'n interwikiskakel na Wiktionary gebruik word.
  • Eiename wat waarskynlik onbekend aan lesers sal wees
  • Moenie huiwer nie om skakels te skep na potensiële artikels wat nog nie bestaan nie (sien § Rooi skakels onder).

Indien u voel dat 'n skakel nie in die lyf van die artikel behoort nie, oorweeg om dit na die "Sien ook"-afdeling te skuif.

Wat gewoonlik nie geskakel moet word nieWysig

'n Artikel het te veel skakels wanneer dit so baie skakels bevat dat dit moeilik is vir 'n gebruiker om die skakels te identifiseer wat sy of haar begrip van die artikel sal verbeter. 'n Studie in 2015 van boekstaafdata het gevind dat "in die Engelse Wikipedia, van die 800 000 skakels wat in Februarie 2015 bygevoeg is, die meeste (66%) nie eens een keer in Maart 2015 gevolg is nie, en van die skakels wat wel gevolg is, daar net enkele kere op hulle geklik is," en dat "om eenvoudig meer skakels by te voeg nie die totale aantal skakels in die artikel waarop geklik word, verhoog nie. Skakels kompeteer eerder met mekaar vir gebruikeraandag."

'n Goeie vraag om uself te vra is of die lees van die artikel waarna u van plan is om te skakel 'n leser se begrip van die artikel waarvandaan u skakel, sal verbeter. Tensy 'n begrip spesifiek relevant is tot die konteks van die artikel, word die volgende gewoonlik nie geskakel nie:

  • Alledaagse woorde wat deur die meeste lesers in die betrokke konteks verstaan word.
  • Die name van onderwerpe waarmee die meeste lesers ten minste ietwat vertroud sal wees, tensy daar 'n belangrike rede in die konteks is om 'n skakel in te voeg:
    • Dit sluit gewoonlik bekende voorbeelde van geografiese kenmerke in (bv., die Himalajas, Stille Oseaan, Suid-Amerika), lokasies (bv. Verenigde State; New York Stad, of slegs New York as die stadskonteks reeds duidelik is; Londen, as die konteks Londen, Ontario uitsluit; Japan, Brasilië; Suidoos-Asië), tale (bv. Engels, Arabies, Koreaans, Spaans), nasionaliteite en etnisiteite (bv. Engels, Brits, Chinees, Turks; Afrikaan-Amerikaans, Hispanies), en religieë (bv. Christendom, Islam, Hindoeïsme, Boeddhisme).
    • Pare kontrasterende voorbeelde: Meer Xochimilco, midde-Atlantiese Rif; Aberbeeg, Tonga; Fries, Middel-Engels; Pruisies, Tohono O'odham, Afro-Kubaans; Zoroastrisme, Shinreikyo
    • Hierdie is twee ekstremiteite op 'n spektrum met 'n grys area tussen-in, wat in elke konteks anders is; gebruik u gesonde verstand.
  • Algemene beroepe
  • Algemene maateenhede, bv. eenhede in verband met valuta, tyd, temperatuur, lengte, area, of volume. Indien beide nie-metriese sowel as metriese ekwivalente verskaf word, soos in 5 cm (2.0 duim), dan hoef normaalweg nie een van die maateenhede geskakel te word nie, want die meeste lesers sal ten minste een van die eenhede verstaan.
  • Datums

Herhaalde skakelsWysig

InleidingWysig

Te veel skakels mag die leesbaarheid van die inleiding verlaag. In tegniese artikels wat ongewone terminologie gebruik, mag 'n hoër digtheid van skakels as gewoonlik in die inleiding toepaslik wees. Probeer om in sulke gevalle 'n informele verduideliking in die inleiding te verskaf en stel die gebruik van meer tegniese terminologie tot later in die artikel uit—sien Wikipedia:Maak tegniese artikels verstaanbaar en Wikipedia:Wat Wikipedia nie is nie.

VoorbeeldWysig

Duidelikheid van skakelWysig

Spesifisiteit van skakelWysig

Skakels na afdelingsWysig

Gebreekte skakels na afdelingsWysig

TegniekeWysig

AanstureWysig

Gepypde skakelsWysig

Gepypde skakels en aansture na afdelingsWysig

Skakels na Wikipedia se kategorieëWysig

Rooi skakelsWysig

Nasien van skakels terwyl hulle geskep wordWysig

Spesifieke gevalleWysig

Skakels na dag-en-maand of jaarWysig

Maateenhede wat nie obskuur is nieWysig

Eksterne skakels-afdelingWysig

SintaksisWysig

Titels van skakelsWysig

URL'e as ingebedde (genommerde) skakelsWysig

Posisie in artikelWysig

Nie-Afrikaanstalige webwerweWysig

Lêertipe en -grootteWysig

InterwikiskakelsWysig

SkakelingWysig

Drywende bokseWysig

Instandhouding van skakelsWysig

Sien ookWysig

NotasWysig

VerwysingsWysig

Eksterne skakelsWysig