Salman Rushdie
Sir Ahmed Salman Rushdie (gebore 19 Junie 1947) is 'n Brits-Indiese romanskrywer en essayis.[1] Sy tweede roman, Midnight's Children, het in 1981 die Booker-prys gewen. Sy omstrede vierde roman, The Satanic Verses, het internasionaal opspraak gewek toe die ajatolla Roeholla Chomeini as gevolg daarvan 'n fatwa vir Rushdie se teregstelling op 14 Februarie 1989 uitgevaardig het.
Salman Rushdie | |
---|---|
Gebore | Ahmed Salman Rushdie 19 Junie 1947 |
Nasionaliteit | Verenigde Koninkryk |
Alma mater | King's College, Universiteit van Cambridge |
Beroep | Skrywer |
Bekend vir | Midnight's Children (1981) The Satanic Verses (1988) The Moor's Last Sigh (1995) Shalimar the Clown (2005) The Enchantress of Florence (2008) |
Eggenoot | Clarissa Luard, Marianne Wiggins, Elizabeth West, Padma Lakshmi |
Webwerf | www |
Rushdie woon sedert 2000 in Amerika, waar hy by die Emory-universiteit werksaam was. Hy is verkies tot die American Academy of Arts and Letters. In 2012 publiseer hy Joseph Anton: A Memoir, wat sy lewe beskryf in die nasleep en omstredenheid oor The Satanic Verses.
Op 12 Augustus 2022 is Rushdie tydens 'n toespraak in New York aangeval. 'n Man het na die verhoog gehardloop en Rushdie verskeie kere gesteek net voordat hy geskeduleer was om 'n lesing in Chautauqua, New York te lewer.[2] Op 23 Oktober 2022 het Andrew Wylie, sy agent berig dat Rushdie sig in een oog en die gebruik van een hand verloor het, maar die moordpoging oorleef het.[3][4]
Bibliografie
wysigRomans (fiksie)
wysig- Grimus (1975)
- Midnight's Children (1981)
- Shame (1983)
- The Satanic Verses (1988)
- The Moor's Last Sigh (1995)
- The Ground Beneath Her Feet (1999)
- Fury (2001)
- Shalimar the Clown (2005)
- The Enchantress of Florence (2008)
- Two Years Eight Months and Twenty-Eight Nights (2015)
- The Golden House (2017)[5]
- Quichotte (2019)[6]
Bundels
wysig- East, West (1994)
- Mirrorwork: 50 Years of Indian Writing 1947–1997 (1997, redakteur saam met Elizabeth West)
- The Best American Short Stories (2008, gas-redakteur)
Kinderboeke
wysig- Haroun and the Sea of Stories (1990)[7]
- Luka and the Fire of Life (2010)
Essays en nie-fiksie
wysig- The Jaguar Smile: A Nicaraguan Journey (1987)
- "In Good Faith," Granta, (1990)
- Imaginary Homelands: Essays and Criticism, 1981–1991 (1992)
- "The Wizard of Oz: BFI Film Classics," British Film Institute (1992)
- Step Across This Line: Collected Nonfiction 1992–2002 (2002)
- "The East Is Blue" (2004)
- Joseph Anton: A Memoir (2012)
Verwysings
wysig- ↑ "'That the world that you knew, and that in a way made you – that world vanishes. I don't think I'm alone in that,' says Salman Rushdie". 2 Augustus 2019.
- ↑ Gelles, David; Root, Jay; Harris, Elizabeth (12 Augustus 2022). "Live Updates: Salman Rushdie Is Stabbed During Speech in Western New York". The New York Times. Besoek op 12 Augustus 2022.
- ↑ Altares, Guillermo (22 Oktober 2022). "Andrew Wylie, 'The Jackal' of books: 'Amazon is like ISIS; it takes no prisoners'". EL PAÍS English Edition (in Engels (VSA)). Besoek op 24 Oktober 2022.
- ↑ Jones, Sam (23 Oktober 2022). "Salman Rushdie has lost sight in one eye and use of one hand, says agent". the Guardian. Besoek op 23 Oktober 2022.
- ↑ "The Golden House" by Salman Rushdie, Random House
- ↑ "Quichotte" by Salman Rushdie, Penguin Random House
- ↑ "Haroun and the Sea of Stories by Salman Rushdie". Purple Pencil Project (in Engels (VSA)). 5 Januarie 2017. Besoek op 23 Mei 2020.