Sandiledam
Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
Die Sandiledam is geleë in die Keiskammarivier naby Keiskammahoek in die Oos-Kaap, Suid-Afrika. Hierdie dam is in 1983 geopen. Die wal is 61 m hoog en die bakmaat van die dam is 30,96 miljoen m3. Die dam ontvang veral water van sneeu wat smelt van die hoë berge in die omgewing. Huishoudelike water word voorsien aan Middeldrif en word ook gebruik vir besproeiing aan die oewers van die dam.
Sandiledam | |
---|---|
Ligging | Keiskammahoek |
Provinsie/Land | Oos-Kaap, Suid-Afrika |
Koördinate | 32°42′48″S 27°6′25″O / 32.71333°S 27.10694°O |
Dam in | Keiskammarivier |
Doel | Besproeiing en huishoudelik |
Openingsdatum | 1983 |
Eienaar | Departement van Waterwese |
Soort dam | Dyk ("Embankment") |
Hoogte van wal | 61 m |
Lengte van wal | 800 m |
Bakmaat | 30.96 miljoen m3 |
Reservoir | Sandiledamreservoir |
Opvanggebied | 348 km2 |
Damoppervlak | 146 ha |
Sien ook
wysigHierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal. |