Sargassum-seewier

Sargassum-seewier (Sargassum heterophyllum) is 'n seewier wat voorkom aan die suid- en ooskus van Suider-Afrika.

Sargassum-seewier
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Orde:
Familie:
Genus:
Spesie:
S. heterophyllum
Binomiale naam
Sargassum heterophyllum
(C.Agardh, 1820)
Sinonieme

Sargassum incisifolium
Fucus incisifolius
Sargassum heterophyllum

Voorkoms

wysig

Die plant bestaan uit massas geelbruin blare op 'n driehoekige stam. Die onderste blare is groot en die boonstes klein. Die plant groei in diep sloepe in die laer tussengetysone.