Sasikoli (Russies: Сасыколи) is 'n dorp in Astrachan-oblast, Rusland en die grootste landelike nedersetting van Charabali-rajon. Dit is die setel van die gelyknamige Sasikoli Plaaslike Munisipaliteit wat nog twee kleiner dorpies, Boegor en Zeljonije Proedi, insluit.

Sasikoli

Сасыколи
Dorp
Die ligging van Astrachan-oblast in Rusland
Die ligging van Astrachan-oblast in Rusland
Sasikoli is in Astrachan-oblast
Sasikoli
Sasikoli
Die ligging van Sasikoli in Astrachan-oblast
Koördinate: 47°32′59″N 46°59′57″O / 47.54972°N 46.99917°O / 47.54972; 46.99917
LandVlag van Rusland Rusland
DeelgebiedAstrachan-oblast
RajonCharabali
Bevolking
 • Totaal4 933
TydsoneUTC+04:00 (AST, Astrachanse tyd)
Poskode
416013

Sasikoli is in 1797 gestig deur Tsjoewasjiese setlaars uit Kapoestin Jar, 'n dorpie in die nabygeleë Achtoebinsk-rajon.

Demografie

wysig

Volgens Sensus 2010 het Sasikoli 5 224 inwoners gehad. Etniese Russe en Kasakke vorm die meerderheid van die dorpie se bevolking.[1]

Verwysings

wysig
  1. Bespyatov, Tim. "Astrakhan Oblast. Ethnic composition (noisy data from census microdata base), all places: 2010 census". Population statistics of Eastern Europe & former USSR (in Russies). Besoek op 21 Julie 2023.