Savannevoëlslang
Die savannevoëlslang (Thelotornis capensis) is 'n slang wat in die noorde van Suid-Afrika voorkom. Die slang is skraal en die kop is kenmerkend lansvormig. Die vel het ingewikkelde patrone wat baie goeie kamoeflering bied. Die reptiel flits sy tong aanhoudend; die tong is rooi met 'n swart punt. Hy kan ook sy keel opblaas wanneer hy gepla word. Die slang is bedags aktief en boomlewend. Hy leef van verkleurmannetjies, geitjies en voëltjies. Sy gif is hemotoksies en kan noodlottig vir mense wees. Dit staan ook bekend as die takslang.
Savannevoëlslang | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Suborde: | |
Familie: | |
Subfamilie: | |
Genus: | Thelotornis Laurenti, 1768
|
Spesies | |
Bron
wysig- Natuurlewe van Suid-Afrika Duncan Butchart Struik Nature 2012 ISBN 978-1-4317-0248-0
Sien ook
wysigVerwysings
wysig- ↑ The Reptile Database. www.reptile-database.org.
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Savannevoëlslang.