Schuks Tshabalala’s Survival Guide to South Africa
(Aangestuur vanaf Schuks Tshabalala's Survival Guide to South Africa)
Schuks Tshabalala’s Survival Guide to South Africa is 'n oorwegend Engelse rolprent wat deur die grapmaker Leon Schuster vervaardig is. In die rolprent word buitelandse besoekers wat die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2010 bywoon touwys gemaak oor hoe om in Suid-Afrika te oorleef.
Schuks Tshabalala’s Survival Guide to South Africa | |
---|---|
Regisseur | Gray Hofmeyr |
Produksieleier | Lance Samuels |
Draaiboek | Leon Schuster Gray Hofmeyr |
Met | Leon Schuster Alfred Ntombela Sean Higgs Matthew Roberts / Siobhan Hodgson Emily Jess Child |
Musiek deur | Paul Norwood Craig Hawkins |
Redigeerder | Johan Lategan Johan Venter |
Verspreider | Indigenous Film Distribution |
Uitgereik | 28 Mei 2010 |
Land | Suid-Afrika |
Taal | Oorwegend Engels |
Voorafgegaan deur | Mr. Bones 2 |
Amptelike webtuiste |
Die rolprent het na sy sesde week van vertonings reeds R29,5 miljoen verdien en word as Schuster se suksesvolste film tot hede gesien. Die rolprent het reeds die totale inkomste van Mama Jack (R27,2 miljoen in 2005) en Oh Schuks!...I'm Gatvol! (R23,4 miljoen in 2004) verbygesteek.[1]
Genre
wysigDie rolprent is 'n komedie.
Rolspelers
wysig- Leon Schuster as “Schuks Tshabalala”
- Alfred Ntombela as Shorty
Verwysings
wysig- ↑ Leon Schuster-fliek laat die geld inrol Geargiveer 10 Julie 2010 op Wayback Machine, Nuus24, besoek op 7 Julie 2010.