Leon Schuster
Leon Schuster (gebore 21 Mei 1951) is die vervaardiger van rolprente (waarin hy gewoonlik self die hoofrol vertolk), komediant en akteur, en is Suid-Afrika se koning van fopkamera. Hy maak sy filmdebuut in 1983 in Wolhaarstories, die enigste Afrikaanse rolprent waarin hy gespeel het.
Leon Schuster | |
---|---|
Foto van Leon Schuster | |
Agtergrondinligting | |
Geboortenaam | Leon Ernest Schuster |
Gebore | 21 Mei 1951 Vereeniging, Suid-Afrika |
Beroep(e) | Filmvervaardiger, akteur, sanger |
Jare aktief | 1975 – hede |
Webwerf | leonschuster.co.za |
Leon Schuster | |
Internet-rolprentdatabasis-profiel |
---|
Hy is veral bekend danksy sy komiese rolprente wat Suid-Afrika se kultuur en kultuurverskille uitbeeld. Hy ontvang baie kritiek vir veral sy rolprente, wat as "toilethumor" beskou word, maar is die een rolprentvervaardiger wat oor taal- en kultuurgrense 'n aanhang opgebou het.
Biografie
wysigSchuster is op Vereeniging gebore en het in Bloemfontein grootgeword en by Laerskool Wilgehof en Hoërskool Jim Fouché skoolgegaan.[1] Na skool het hy onderwys aan die Universiteit van die Vrystaat studeer en 'n BA-graad met Afrikaans en Engels as hoofvakke en later 'n Hoër Onderwysdiploma verwerf. Hy het vir die Universiteit van die Vrystaat se eerstespan rugby gespeel.[2] Hy het ook as haker vir die Vrystaatse rugbyspan gespeel en is steeds 'n groot ondersteuner van die Vrystaatse Cheetahs. Hy was toe 'n onderwyser by Hoërskool Jim Fouché vir twee jaar.[3][4]
Loopbaan
wysigSchuster het in 1975 by die SAUK aangesluit, waar hy veral vir sy radioprogram Die Vrypostige Mikrofoon onthou word deur talle mense met sy vlymskerp poetse uit te vang. Dit het die fondament vir sy poetse in sy rolprente gelê.
Filmografie
wysig- Wolhaarstories (1983)
- You Must Be Joking! (1986)
- You Must Be Joking! Too (1987)
- Oh Schucks!...Here Comes U*N*T*A*G (1989)
- Oh Schucks!...It's Schuster (1989)
- Sweet 'n Short (1992)
- There's a Zulu On My Stoep (1993)
- Panic Mechanic (1997)
- Millennium Menace (1999)
- Mr Bones (2001)
- Oh Shucks!...I'm Gatvol! (2004)
- Mama Jack (2005)
- Mr Bones 2 (2008)
- Schuks Tshabalala’s Survival Guide to South Africa (2010)
- Mad Buddies (2012)
- Oh Schucks!...Your Country Needs You! (2013)
- Schuks! Pay Back The Money (2015)
- Frank And Fearless (2018)
Diskografie
wysig- Leon Schuster (1982)
- Broekskeur (1983)
- Waar En Wolhaar (1983)
- Briekdans (1984)
- Rugby (1985)
- You Must Be Joking! (1986)
- Dasiefoutie (1988)
- "Shakin" Schuster En Sy Opkikkers (1992)
- Hie' Kommie Bokke (1995)
- Gautvol in Paradise (1997)
- Die Vrypostige Mikrofoon, Volume 1 (1998)
- Die Vrypostige Mikrofoon, Volume 2 (1998)
- Baas Funny Plaas (1999)
- My Beste Jare (2001)
- Groen, Goud En White (2002)
- Catchup Song And Every Cricket Hit (2003)
- Oh Schuks... I'm Gatvol (2004)
- Op Dun Eish (2006)
- " Hie' Kommie Bokke 2!" (2007)
- Dra Die Bok (2008)
- My Mates – Die Bokke
Sien ook
wysigVerwysing
wysig- ↑ "Só het liefde sy donker verdryf". Volksblad (in Engels). 15 September 2015. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 November 2019. Besoek op 17 November 2019.
- ↑ Leon Schuster, "The End of My Rugby Career"[dooie skakel], in Anglus Powers, ed., Rugby in Our Blood, Cape Town: Tafelberg, 2011, ISBN 9780624048763.
- ↑ Lindsay Batteson, "A perfect prankster ", Get It Bloemfontein, 28 Junie 2010.
- ↑ "Leon Schuster kom kuier by Alma Mater" Geargiveer 4 Maart 2016 op Wayback Machine, Hoërskool Jim Fouché, Februarie 2013
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Leon Schuster.
- Amptelike webwerf
- Leon Schuster in die Internet-rolprentdatabasis