Wolhaarstories
Wolhaarstories is 'n Afrikaanse rolprent wat op 23 September 1983 vrygestel is. Dit is die eerste en enigste Afrikaanse rolprent waarin Leon Schuster gespeel het.
Wolhaarstories | |
---|---|
Regisseur | Bromley Cawood |
Produksieleier | Albie Venter |
Met | Hannah Botha Ben Kruger Leon Schuster |
Uitgereik | 23 September 1983 |
Land | Suid-Afrika |
Taal | Afrikaans |
IMDb-profiel |
Genre
wysigDie rolprent is 'n lekkerlag komedie.
Hoofrolspelers
wysig- Hannah Botha
- Ben Kruger
- Leon Schuster
- Amanda Strydom
- Koos Strauss
Storielyn
wysigLeon besluit om Tant Lissie van Nommer Asseblief 'n streep te trek deur hom voor te doen as 'n vryer wat reageer op haar advertensie in die "Opsitkers". Maar Lissie is nie meer op Overdorp nie. Haar suster is skielik oorlede onder verdagte omstandighede en dié se wewenaar en Lissie erf die Royal Hotel op Helshoogte. Haar wewenaar-swaer probeer om van Lissie ontslae te raak sodat hy en sy "skelmpie" die lewe kan geniet. Lissie dink dit is Oom Fasie wat haar nog steeds terroriseer wanneer Leon haar bel. Sy onskuldige oproep laat hom kniediep in die gebeure op Helshoogte beland - met pogings tot moord, 'n vrouvermomde ontsnapte uit 'n gestig, 'n ou Italiaanse dokter wat meer weet van spagetti as spuitnaalde, 'n lyk waarvan niemand ontslae kan raak nie; en 'n bielie van die Bosveld wat sy boelie teëkom.