Searsia dracomontana

Plantspesie

Searsia dracomontana is 'n struik wat hoort tot die genus Searsia. Die spesie is endemies aan Suid-Afrika en kom in Mpumalanga, KwaZulu-Natal en die Vrystaat voor. Dit word gevind op die laer Drakensberge-eskarp by Charlestown en Wakkerstroom in die suide van Mpumalanga en ook by die Van Reenenspas op die Vrystaat-KwaZulu-Natal grens en daar is vyf subpopulasies bekend. Dit het 'n voorkomsgebied van 1953 km² en die plant word bedreig deur oorbeweiding en onbeheerde brande.

Drakensbergdwergtaaibos
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
(geen rang):
(geen rang):
(geen rang):
Orde:
Familie:
Genus:
Spesie:
S. dracomontana
Binomiale naam
Searsia dracomontana
(Moffett) Moffett, (2007)
Sinonieme
  • Rhus dracomontana Moffett

Sien ook

wysig

Bronne

wysig