Sederberg (berg)
bergreeks in die Wes-Kaap, Suid-Afrika
(Aangestuur vanaf Sederberg)
Die Sederberg of Cederberg is 'n bergreeks in die Wes-Kaap, Suid-Afrika. Die naam is afgelei van die boom Widdringtonia cedarbergensis wat nie werklik 'n seder is nie maar 'n soort bergsipres. Daar is slegs 'n paar van die bome oor.
Die reeks strek ongeveer van 50 km van Citrusdal in die suide tot by Clanwilliam in die noorde en is die mees westelike reeks in die Kaapse Plooigordel. Byna die hele gebied is tot 'n wildernis-gebied verklaar. Die hoogste piek is die Sneeuberg, wat 2 028 m hoog is.[1] Die Sederberg is gewild onder stappers.
Bibliografie
wysig- Malan, Hannes: Kom saam na die Sederberge. In: Lantern. Tydskrif vir Volksopvoeding. Jaargang 3, no. 2, September 1953.
Sien ook
wysig- Pakhuispas, pas oor die berg.
- Boesmanskloof, luukse reservaat naby Clanwilliam.
- Lys van bergpieke in Suid-Afrika
- Krakadouwpas
Verwysings
wysig32°20′S 19°5′O / 32.333°S 19.083°O