Seeplakkie
Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
Die seeplakkie (Scaevola plumieri) is 'n vetplant wat aan die suid- en ooskus van Suid-Afrika voorkom en tot 90 cm hoog kan word. Die plant het klein, ronde, vlesige groen tot geel blare. Dit dra klein, wit, waaiervormige blomme in trosse by die blaarbasis. Die plant groei hoofsaaklik op duine en kom in groot kolonies voor.
Seeplakkie | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
(geen rang): | |
(geen rang): | |
(geen rang): | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | S. plumieri
|
Binomiale naam | |
Scaevola plumieri | |
Dit is op die SANBI-rooilys as veilig gelys, maar dit is nie endemies aan Suid-Afrika nie. Oorspronklik kom dit uit die Karibiese gebied, maar die sade kan drywend oor die oseaan vervoer word en het so Afrika, die Pasifiese eilande, Brasilië en Ekwador bereik. In Florida word dit as 'n bedreigde spesie beskou.[1]
Galery
wysig-
Wit blom.
-
Swart bessies.
-
'n Seeplakkie in sy habitat.
Sien ook
wysigBronne
wysig- Gids tot die Kusgebiede van Suid-Afrika. Jacana Media. 2007. ISBN 978-1-77009-215-0
- ↑ "U. of Florida" (PDF) (in Engels). Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 30 Junie 2017.