Septemberbossie
Die Septemberbossie (Polygala myrtifolia, ook Augus(tus)bos(sie), blouertjie, heuningblombos, langelier, lankgelede[1]) is 'n klein boom of struik wat groei in 'n verskeidenheid habitatte: woudrande, op dagsome en in sanderige kusstreke. Die spesie is inheems aan Suid-Afrika en kom vanaf Kaapstad tot in die suide van KwaZulu-Natal voor asook Lesotho.
Septemberbossie | |
---|---|
Septemberbossie (Polygala myrtifolia) | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Divisie: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Tribus: | |
Genus: | |
Spesie: | P. myrtifolia
|
Binomiale naam | |
Polygala myrtifolia L., (1753)
| |
Sinonieme | |
|
Die spesie het twee subspesies:
- Polygala myrtifolia var. myrtifolia
- Polygala myrtifolia var. pinifolia (Lam.) Paiva
Die boom se FSA-nommer is 302.1[2]
Tuinbou
wysigDie Septemberbossie groei vinnig, is immergroen en bereik 'n hoogte van ongeveer 3 meter. Alhoewel dit in gedeeltelike skadu sal groei, verkies dit vol son. Hierdie struik aard goed langs die kus en kan die winde daar trotseer. Dit dien ook as 'n goeie windskerm vir die res van die tuin.
Te danke aan die Septemberbossie se netjiese groeiwyse, is dit nie nodig om dit te snoei nie. Takke wat in die pad is kan wel afgesny word sonder om skade aan te rig.
Die blomme is rooipers en verskyn in oorvloed in die lente, veral in September, vandaar die Afrikaanse volksnaam "Septemberbossie". Die blomme is gewild onder hommelbye en skoenlappers.
Voortplanting
wysigOnder gunstige toestande sal volgroeide struike dikwels hulself saai. Hierdie saailinge kan dan in potte oorgeplant word totdat hulle groter is.
Saad wat in die ou blomme vorm kan ook versamel word om later gesaai te word. In die Wes-Kaap moet die saad in die winter gesaai word, sodat die saailinge kans het om gevestig te word voordat die warm somerweer begin.
Sien ook
wysigVerwysings
wysig- ↑ SANBI gee foutiewelik die naam langelede aan.
- ↑ https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/
Bronne
wysig- Watter Boom is dit? Eugene Moll 2013 ISBN 978 1 77007 832 1
- Begin inheems Anneke Kearney 2008 ISBN 978 1 91999 293 8
- Die Suid-Afrikaanse Watter blom is dit? Kristo Pienaar 2000 ISBN 1868724425
- Plants of the World Online
- REDLIST Sanbi