Sergei Skisof

Russiese argeoloog en digter van Astrachan

Sergei Skisof (Russies: Сергей Скисов, 19592016) was 'n Sowjetse en Russiese argeoloog, digter en musikant van Astrachan.

Sergei Skisof
Gebore(1959-12-12)12 Desember 1959
Sterf17 Oktober 2016 (op 56)[1]
NasionaliteitRusland
BeroepArgeoloog, digter, skrywer
EggenootOlga Markowa
KindersGeorgi Sjpak

Publikasies

wysig

As 'n argeoloog het Skisof die geskiedenis van die Goue Horde en sy spore in die huidige Astrachan-oblast nagevors en verskeie akademiese artikels oor die numismatiek van dié Middeleeuse khanaat gepubliseer. Alhoewel navorsing sy hoofberoep was en poësie en musiek net sy stokperdjies, is baie van Skisof se liedjies welbekend onder die inwoners van Astrachan. Sommige van sy liedjies, soos Хаджи-Тархань ("Chadzji-Tarchan") en Над дворцами Сарая ("Bo die Sarai-paleise"), is informele volksliedere van die stad genoem. Die eerste versameling van Skisof se gedigte en liedjies is ná sy dood as 'n boek gepubliseer deur sy weduwee Olga Markowa.[2]

Verwysings

wysig
  1. "Ушел из жизни Сергей Ювенальевич Скисов". Астрахань. Без формата (in Russies). 18 Oktober 2016. Besoek op 22 Julie 2023.
  2. "Сергей Скисов. Дневники". Прожито (in Russies). Besoek op 22 Julie 2023.

Eksterne skakels

wysig