Seun van die wildtemmer
Seun van die Wildtemmer is 'n Afrikaanse rolprent wat in 1973 deur Kavalier Films vervaardig en uitgereik is. Bertrand Retief was die regisseur.
Seun van die Wildtemmer | |
---|---|
Regisseur | Bertrand Retief |
Produksieleier | Ben Vlok |
Met | Pieter Hauptfleisch, Lieb Bester, Ben Dekker e.a. |
Verspreider | Kavalier Films |
Uitgereik | 1973 |
Speeltyd | 88 minute |
Land | Suid-Afrika |
Taal | Afrikaans |
Voorafgegaan deur | Die Wildtemmer |
IMDb-profiel |
Genre
wysigDie rolprent is ’n drama.
Akteurs
wysigVan die hoofspelers is Pieter Hauptfleisch, Lieb Bester en Ben Dekker.
Storielyn
wysigTwintig jaar nadat die wildboer Kobus le Grange sy plaas verlaat het waar sy vrou, Jenny, dood is nadat sy deur ’n leeu aangeval is, keer sy seun, Rupert, terug saam met ou Tientong, ’n plaaswerker. Hy wil die vervalle plaas weer regruk, maar nes sy pa jare tevore het hy sonde met die bure en raak hy verlief op een van hul dogters, Ankia. Om sake te vererger het Rupert ’n mededinger wie se jaloesie geen perke ken nie.
Intussen dra Tientong ’n groot geheim met hom saam.