Severiano Ballesteros
Severiano "Seve" Ballesteros Sota (1957–2011) was ’n Spaanse beroepsgholfspeler wat talle toernooie (veral in die 1970’s en 1980’s) gewen het. Vanweë sy sjarme en gewildheid het die publiek hom dikwels 'Seve' genoem. In 1997 was hy die kaptein van die Europese Ryderbeker-span.[1]
Seve Ballesteros | |||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|
Ballesteros in 2006 by die Britse Ope | |||||||
Persoonlike inligting | |||||||
Volle naam | Severiano Ballesteros Sota | ||||||
Gebore | Pedrena, Cantabria, Spanje | 9 April 1957||||||
Sterf | 7 Mei 2011 (op 54) Pedrena, Cantabria, Spanje | ||||||
Hoogte | 1,83 m | ||||||
Nasionaliteit | Spanje | ||||||
Eggennoot | Carmen Botín O'Shea (getr. 1988, geskei 2004) | ||||||
Kinders | 2 seuns, 1 dogter | ||||||
Loopbaan | |||||||
Professioneel geword | 1974 | ||||||
Vorige toernooie | Europese Toer | ||||||
Professionele oorwinnings | 91 | ||||||
Hoogste rang | 1 (27 April 1986) (61 weke) | ||||||
Aantal oorwinnings volgens toernooi | |||||||
PGA-toernooi | 9 | ||||||
Europese toernooi | 50 seges (beste ooit van alle spelers) | ||||||
Japan-gholftoernooi | 6 | ||||||
Ander | 31 | ||||||
Beste uitslae in groot kampioenskappe (wenne: 5) | |||||||
Meesterstoernooi | Wen: 1980, 1983 | ||||||
PGA-kampioenskap | 5de: 1984 | ||||||
V.S. Ope | 3de: 1987 | ||||||
Britse Ope | Wen: 1979, 1984, 1988 | ||||||
Prestasies en toekennings | |||||||
|
Ballesteros is op 9 April 1957 in Pedrena, Cantabria gebore. Hy het op 'n jong ouderdom begin gholf speel en het met 'n nommer-drie-yster in die vallei buite sy geboortedorp begin oefen. Hy het ook baie ervaring as joggie (caddie) vir ander gholfspelers opgedoen. Gedurende die jare 1970 en 1980 was hy een van die beste spelers ter wêreld.
Ballesteros het die Britse Ope in 1979, 1984 en 1988 gewen. Hy het ook die Amerikaanse Meesterstoernooi in 1980 en 1983 verower. In die 1980's was hy 'n paar keer die nommer-een-gholfspeler op die wêreldranglys.
Siekte en sterwe
wysigHy is op 12 Oktober 2008 met kwaadaardige breinkanker gediagnoseer, en het hierna verskeie kere 6-uurlange breinsjirurgie ondergaan om die gewas te verwyder. Hy sterf op 7 Mei 2011 in die ouderdom van 54.
Verwysings
wysig- ↑ HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8