Shabbir Banoobhai
Shabbir Banoobhai (1949-) is ’n Suid-Afrikaanse digter. Onder sy bundels tel echoes of my other self, shadows of a sun-darkened land en inward moon outward sun.[1]
Shabbir Banoobhai | |
---|---|
Gebore | 23 Oktober 1949 |
Nasionaliteit | Suid-Afrika |
Beroep | Digter |
Bekend vir | Digbundels |
Biografie
wysigBanoobhai is op 23 Oktober 1949 in Durban gebore. Hy wou na skool aan 'n universiteit gaan studeer, maar dit was te duur. Hy studeer aan die Springfield Kollege om 'n onderwyser te word. In 1970 word hy tot voorsitter van die studente se Verteenwoordigende Raad verkies. Hy was ook die assistentredakteur van die kollege se koerant, Aspect, wat soms vir sy protes teen die apartheidstaat verban was.
Op kollege ontmoet hy Fatima Meer. Toe sy uitgevind het dat hy gedigte skryf, stel sy voor dat hy die prominente digter Douglas Livingstone ontmoet.
Terwyl hy nog op kollege was verwerf hy 'n Baccalaureus Commercii-graad aan Unisa. Hy werk daarna vir 'n kort rukkie as 'n onderwyser, waarna hy 'n rekenmeester word.
In sy eie woorde, is sy werk daarop gemik: "om 'n visie van 'n meer menslike samelewing te bevorder – 'n samelewing wat nie net sy lede as mense respekteer nie, maar wat hulle as geestelike wesens en essensieel heilig beskou".
Digbundels
wysig- echoes of my other self (1980)
- shadows of a sun-darkened land (1984)
- inward moon – outward sun (2002)
- lightmail (2002)
- book of songs (2004)
- lyrics in paradise (2009)
- dark light – the spirit's secret (2009)
- the drums beat all night (2013)
Ander werke
wysig- wisdom in a jug: reflections of love (1999)
- if i could write – Ramadan letters that can be read at Christmas or on any other day (2006)
- water would suffice: reflections of love (2007)
- a mountain is an upside down valley (2008)
- the mirror's memory – reflective essays and thoughts (2009)
- Heretic – a novel (2012)
- Seeing Perfection – meditations for living in peace (2013)
Verwysings
wysig- ↑ HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8
Eksterne skakels
wysig- Onderhoud met Bijuraj Geargiveer 8 Februarie 2012 op Wayback Machine