Simpelveld
Simpelveld (Limburgs: Zumpelveld) is 'n dorp en munisipaliteit in die Nederlandse provinsie Limburg, wat grens aan die Duitse deelstaat Noordryn-Wesfale. Die munisipale gebied het sowat 11 000 inwoners (2012) en 'n oppervlakte van 16 km². Die dorp Simpelveld het sowat 6 000 inwoners (2005).
Simpelveld | |
---|---|
Munisipaliteit | |
Bord Simpelveld | |
Ligging van Simpelveld-munisipaliteit in Limburg | |
Koördinate: 50°53′00″N 5°55′00″O / 50.88333°N 5.91667°O | |
Land | Nederland |
Provinsie | Limburg |
Regering | |
• Burgemeester | Richard de Boer (VVD) |
Oppervlak | |
• Totaal | 16,02 km2 (6,19 vk. myl) |
• Land | 16,02 km2 (6,19 vk. myl) |
• Water | 0 km2 (0 vk. myl) |
Bevolking | |
• Totaal | 10 912 |
• Digtheid | 681/km2 (1 763,8/vk. myl) |
Poskode | 6350-6351, 6353, 6369 |
Skakelkodes | 045 |
Webwerf | www.simpelveld.nl |
In die munisipaliteit word Simpelvelds en Bocholts gepraat, wat variante van die Ripuariese dialek (veral Bocholts) is.
Plekke
wysigPlekke in die munisipale gebied van Simpelveld:
Baaks/Sweijer, Baneheide, Bocholtz, Bocholtzerheide, Bosschenhuizen, Broek, Bulkemsbroek, Huls, In de Gaas, Molsberg, Prickart, Simpelveld (dorp), Vlengendaal, Waalbroek en Zandberg.
Eksterne skakels
wysig- (nl) Die amptelike webwerf van die munisipaliteit
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Simpelveld.