Sint Laurenseiland
Sint Laurenseiland (Engels: St. Lawrence Island) is 'n eiland in die Beringsee wat onder die beheer van die deelstaat Alaska val, alhoewel dit nader aan Rusland geleë is as aan Alaska. Die grootste nedersetting, Gambell, is slegs 58 km vanaf Rusland. Die eiland is die grootste sigbare oorblyfsel van die Beringlandbrug wat Asië met Noord-Amerika verbind het. Dit is die sesde grootste eiland van die Verenigde State.
Sint Laurenseiland Inheemse naam: St. Lawrence Island | |
---|---|
Nasa-Satellietbeeld van Sint Laurenseiland | |
Geografie | |
Ligging | Stille Oseaan, Beringsee |
Koördinate | 63°24′N 170°10′W / 63.400°N 170.167°W
|
Oppervlakte | 4 640,1 vk km |
Hoogste punt | Berg Atuk 630 m |
Administrasie | |
Verenigde State | |
Deelstaat | Alaska
|
Grootste stad | Gambell (653)
|
Demografie | |
Bevolking | 1 352
|
Die eerste besoeker aan die eiland was Vitus Bering wat dit op Sint Laurensdag, 10 Augustus, in 1728 besoek het en dit na die dag genoem het. Tot op daardie stadium het die Yupik, wat daar gewoon het, dit Sivuqaq genoem.
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Sint Laurenseiland.