Sirene
'n Sirene is 'n toestel wat 'n harde en langdurige klank maak as 'n sein of waarskuwing. Sirenes word in verskeie toepassings gebruik van huishoudelike alarms tot lugaanval-waarskuwings.
Geskiedenis
wysigDie eerste sirene is 'n geruime tyd voor 1799 deur die Skotse fisikus John Robison uitgevind.[2] Robison se sirenes is as musiekinstrumente gebruik. Dit het die pype in 'n orrel aangedryf.
Tipe sirenes
wysigElektries
wysigElektriese sirenes maak gebruik van elektroniese komponente om 'n spesifieke sein te ontwikkel wat dan versterk word en na luidsprekers herlei word.
Pneumaties
wysigTradisionele en oorspronklike pneumaties-aangedrewe sirenes het gebruik gemaak van lug wat onder druk geplaas word en dan deur 'n vernouing gestoot word. Dit werk op dieselfde beginsel as 'n fluit. Deesdae word meer gesofistikeerde metodes gebruik om presies die gewenste klank te verkry.
Stoom
wysigStoomfluite word ook gebruik as 'n waarskuwingstoestel, gegewe dat daar stoom teenwoordig is, soos by saagmeule, fabrieke en stoomlokomotiewe
Gebruike
wysig- Vir beskerming teen inbraak word sirenes in huishoudelike alarmstelsels gebruik
- Vir burgerlike beskerming
- Waarskuwing teen brand, vloede en ander natuurrampe
- Op noodvoertuie gepaard met ligte om ander motoriste van 'n nood in kennis te stel
Verwysings
wysig- ↑ Testing sirens Geargiveer 22 Oktober 2013 op Wayback Machine, Swiss Federal Office for Civil Protection (bladsy besoek op 7 September 2013).
- ↑ Sien:
- John Robison, Encyclopædia Britannica, 3rd ed., 1799.
- "Temperament of the scale of music" in: John Robison with David Brewster and James Watt, ed.s, A System of Mechanical Philosophy (Edinburgh, Scotland: 1822), vol. 4, bladsye 404-405.
- Ernst Robel, Die Sirenen: Ein Beitrag zur Entwickelungsgeschichte der Akustik [Sirens: A contribution to the history of the development of acoustics] (Berlin, Germany: R. Gaertners, 1891), part 1, bladsye 7–10.