Sjatta (Kettsjeneri-rajon)
Sjatta (Russies: Шатта) is 'n dorpie in Kettsjeneri-rajon van Kalmikië, Rusland. Dit is die setel van die gelyknamige Sjatta Plaaslike Munisipaliteit wat nog twee kleiner nedersettings, Bair en Nizowi, insluit. Dit lê 55 kilometer suidoos van die rajon se setel, Kettsjeneri.
Sjatta Шатта | |
---|---|
Dorpie | |
Die ligging van Kalmikië in Rusland | |
Koördinate: 46°51′04″N 44°47′51″O / 46.85111°N 44.79750°O | |
Land | Rusland |
Deelgebied | Kalmikië |
Rajon | Kettsjeneri |
Bevolking | |
• Totaal | 698 |
Tydsone | UTC+03:00 (MSK, Moskouse tyd) |
Poskode | 359125 |
Die dorpie se naam kom van 'n Kalmikiese woord wat na 'n soort put verwys.[1]
Demografie
wysigVolgens Sensus 2010 het Sjatta 733 inwoners gehad. Etniese Kalmikiërs vorm die meerderheid van die dorpie se bevolking.[2]
Etniese groepe | Sensus 2010 | Persentasie |
---|---|---|
Kalmikiërs | 635 | 86,6% |
Dargine | 64 | 8,7% |
Russe | 27 | 3,7% |
Tsjetsjniërs | 3 | 0,4% |
Onbekend | 4 | 0,5% |
Totaal | 733 | 100% |
Verwysings
wysig- ↑ Gedejewa, Daria; Oeboesjiejewa, Bamba; Lidzjijewa, Ljoedmila; Barinowa, Bairta (2019). Словарь топонимов Республики Калмыкия [Toponimiese woordeboek van Kalmikië] (in Russies). Elista: Dzjangar.
- ↑ Bespyatov, Tim. "Republic of Kalmykia. Ethnic composition (noisy data from census microdata base), all places: 2010 census". Population statistics of Eastern Europe & former USSR (in Russies). Besoek op 6 Augustus 2023.