Skagerrak
Skagerrak | |
---|---|
Denemarke se mees noordelike punt Skagen met die Skagerrak in die agtergrond | |
Ligging van die Skagerrak | |
Koördinate: | 57°50′50″N 9°04′23″O / 57.84722°N 9.07306°O |
Ligging: | Denemarke, Noorweë en Swede |
Soort: | Seestraat en baai van die Atlantiese Oseaan |
Oppervlakte: | 47 000 km² (18 000 mi²) |
Gemiddelde diepte: | 200 m (660 vt) |
Maksimum diepte: | 700 m (2 300 vt) |
Lengte: | 240 km |
Breedte: | 140 km |
Invloei: | Kattegat |
Uitvloei: | Noordsee |
Nedersettings: | Oslo, Kristiansand |
Die Skagerrak (Deens: [ˈsɡ̊æɪ̯ˀɐʁaɡ̊]; Noors: [ˈskɑːɡərɑk]; Sweeds: [ˈskɑːɡərak]) is 'n gedeelte van die Noordsee, wat begrens word deur Denemarke (Jutland) in die suide, Noorweë in die noorde en Swede (Bohuslän) in die ooste.
In die suidooste is die Skagerrak verbind met die Kattegat, waarlangs die Sont en vervolgens die Oossee bereik kan word. By die plek waar Skagerrak en Kattegat mekaar ontmoet (Grenen, tewens die noordelikste punt van Denemarke) is die vissersdorp Skagen geleë, waaraan die see sy naam ontleen.
Die Slag van Jutland tussen die Duitse en Britse vlote, een van die grootste seegevegte van die Eerste Wêreldoorlog, het hier op 31 Mei 1916 plaasgevind.
Sien ook
wysigEksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Skagerrak.