'n Skakel (Engels: hyperlink) is 'n HTML-verwysing na 'n ander webblad, dokument, lêer, prent, video of na 'n posisie in 'n dokument. 'n Skakel word in 'n webblaaier anders vertoon as die omliggende teks, byvoorbeeld deurdat dit onderstreep of 'n ander kleur is.

'n Tipiese skakel - gekleurde en onderstreepte teks. Let op hoe die muiswyser verander as dit oor die skakel beweeg.

'n Prent kan ook op sigself 'n skakel wees. Webblaaiers dui ook skakels aan deurdat die muis se wyser op die skerm verander van 'n pyltjie na 'n handjie wanneer die gebruiker die wyser bo die skakel hou.

'n Skakel kan gebruik word deur daarop te kliek, en dan laai die gebruiker se webblaaier die skakel deur die URL op te volg. Die gesofistikeerde wyse waarop 'n URL saamgestel kan word, maak dit moontlik om na enige ander dokument, hetsy op dieselfde of op 'n ander webwerf, te skakel.

Sien ook

wysig