Slag van Waterberg
Die Slag van Waterberg het op 11 Augustus 1904 by Waterberg in Duits-Suidwes-Afrika (die hedendaagse Namibië) plaasgevind. Dit was die beslissende geveg in die Duitse veldtog teen die Herero's.
Slag by Waterberg | |||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|
Deel van die Herero Oorloë | |||||||
| |||||||
Strydende partye | |||||||
Duitse Keiserryk | Herero's | ||||||
Bevelvoerders | |||||||
Luitenant-generaal Lothar von Trotha | Samuel Maharero | ||||||
Sterkte | |||||||
2 000 | 3 500 - 6 000 krygers met hul families | ||||||
Ongevalle | |||||||
26 gedood, 60 gewond | Onbekend, maar hoog |
Die Duitse magte was onder die bevel van luitenant-generaal Lothar von Trotha met net meer as 1 500 soldate.[1][2] Hulle was bewapen met 1 625 gewere, 30 kanonne en 14 masjiengewere. Die Herero's, daarteenoor, was onder die bevel van Samuel Maharero. Hulle het 3 500 tot 6 000 krygers en hulle families bymekaargebring, met die verwagting dat vredesonderhandelinge sou plaasvind.[1][2] Die geskatte aantal Herero's in die gebied was tussen 25 000 en 50 000. Die res was met hulle tradisionele wapens bewapen.
Tydens die geveg is die Herero's verslaan en is hulle die woestyn van Omaheke ingedryf waar die meeste van hulle weens dors omgekom het.
Verwysings
wysig- ↑ 1,0 1,1 Irwing, Keith (red.). "The Battle of Waterberg, part 1" (in Engels). namibia-1-on-1.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 Oktober 2018. Besoek op 25 Junie 2013.
- ↑ 2,0 2,1 Irwing, Keith (red.). "The Battle of Waterberg, part 2" (in Engels). namibia-1-on-1.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 September 2018. Besoek op 25 Junie 2013.