Slag van Laingsnek (1900)
'n Geveg tydens die Suid-Afrikaanse Oorlog in 1900
Die Slag van Laing se Nek was 'n reeks skermutselinge in die Tweede Vryheidsoorlog wat van 2 Junie tot 10 Junie 1900 geduur het.[1][2] Britse magte onder bevel van Redvers Buller was van Ladysmith in opmars tot by die Buffelsrivier, in 'n poging om na Volksrust oor te steek. Buller wou Transvaal binneval en Lord Roberts bystaan in sy opmars na Pretoria.[2] Die Burgers het hulle by Laingsnek versterk, soos hulle in 1881 gedoen het. In die loop van agt dae kon Buller die Boere verslaan en op 12 Junie die Buffelsrivier oorsteek na Transvaal.[2]
Slag van Laingsnek | |||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|
Deel van die Opmars na Pretoria van die Tweede Vryheidsoorlog | |||||||
Die spoorwegtonnel by Laingsnek, wat vernietig is deur die Boere om die opmarsende Britte te belemmer | |||||||
| |||||||
Strydende partye | |||||||
Verenigde Koninkryk | Zuid-Afrikaansche Republiek | ||||||
Aanvoerders | |||||||
Redvers Buller | |||||||
Ongevalle en verliese | |||||||
66 Ongevalle |
Sien ook
wysig- Slag van Laingsnek (1881)
Verwysings
wysig- ↑ "The Great Boer War/Chapter 25 - Wikisource, the free online library". en.wikisource.org (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 Augustus 2024. Besoek op 30 Augustus 2024.
- ↑ 2,0 2,1 2,2 "After the Siege: The British advance and Boer retreat through Natal, March to June 1900 - South African Military History Society". samilitaryhistory.org (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 September 2024. Besoek op 3 September 2024.