Sloane Stephens (gebore 20 Maart 1993) is 'n Amerikaanse tennisspeler. Sy het ses WTA-enkeltitels gewen[1] en haar eerste groot oorwinning tydens die Amerikaanse Ope van 2017 behaal. Met hierdie oorwinning het sy die laagste gekeurde speler geword (83) om die vroue-enkelspelstitel in te palm, asook die eerste Amerikaanse vrou naas die Williams-susters wat die toernooi sedert Jennifer Capriati in 2002 gewen het.

Sloane Stephens
Stephens WM17 (7) (35347283294).jpg
Sloane Stephens tydens die Wimbledon-kampioenskap in 2017
Volle naam Sloane Stephens
Land Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State
Woonplek Fort Lauderdale, Florida[1]
Geboortedatum 20 Maart 1993 (1993-03-20) (27 jaar oud) [1]
Geboorteplek Plantation, Florida, Verenigde State[1]
Lengte 1,70 m[1]
Spelstyl Regshandig (tweehandig handrughou)[1]
Loopbaan-wengeld $15 632 057[1] (soos op 22 Februarie 2021)[1] (26ste van alle tye)[2]
Amptelike webblad sloanestephens.com
Enkelspel
Loopbaanrekord 297–210 (58,58%)[1]
Loopbaantitels 6 WTA,[1] 1 ITF
Hoogste rang No. 3 (16 Julie 2018)[1]
Huidige rang No. 41 (22 Februarie 2021)[1]
Grand Slam-uitslae
Australiese Ope HE (2013)
Franse Ope E (2018)
Wimbledon KE (2013)
VSA-Ope W (2017)
Dubbelspel
Loopbaan-rekord 41–57 (41,8%)[1]
Loopbaantitels 0 WTA,[1] 1 ITF
Hoogste rang No. 94 (24 Oktober 2011)[1]
Australiese Ope 1R (2012)
Franse Ope 1R (2012, 2013, 2014)
Wimbledon 2R (2017)
VSA-Ope 1R (2009, 2010, 2011, 2012, 2017)
Australiese Ope 2R (2016)
Wimbledon 3R (2018)
VSA-Ope 2R (2008, 2012)
Laaste opgedateer op: 22 Februarie 2021.

Stephens het ook die halfeindrondte van die Australiese Ope in 2013 behaal, waar sy Serena Williams in die kwarteindrondte verslaan het. Sy het haar eerste enkelspeltitel by die Citi Open in 2015 gewen. Haar hoogste posisie op die wêreldranglys is nommer 3.[1]

Grand Slam-rekordWysig

 
Sloane Stephens tydens die Wimbledon-kampioenskap in 2012
 
Sloane Stephens tydens die Washington Open in 2011

Die tabel toon Stephens se prestasie tydens elk van die Grand Slam-toernooie in enkelspel vir vroue waaraan sy deelgeneem het:

Jaar Australiese Ope Franse Ope Wimbledon VSA Ope
2011 K2 Rondte 1 K2 Rondte 3
2012 Rondte 2 Rondte 4 Rondte 3 Rondte 3
2013 Halfeindstryd Rondte 4 Kwarteindstryd Rondte 4
2014 Rondte 4 Rondte 4 Rondte 1 Rondte 2
2015 Rondte 1 Rondte 4 Rondte 3 Rondte 1
2016 Rondte 1 Rondte 3 Rondte 3 nie deelgeneem nie
2017 nie deelgeneem nie nie deelgeneem nie Rondte 1 Wenner
2018 Rondte 1 Eindstryd Rondte 1 Kwarteindstryd
2019 Rondte 4 Kwarteindstryd Rondte 3 Rondte 1
2020 Rondte 1 Rondte 2 Toernooi nie gehou nie Rondte 3
2021 Rondte 1

VerwysingsWysig

  1. 1,00 1,01 1,02 1,03 1,04 1,05 1,06 1,07 1,08 1,09 1,10 1,11 1,12 1,13 1,14 1,15 (en) "Sloane Stephens". Women's Tennis Association. Besoek op 22 Februarie 2021.
  2. (en) "Career Prize Money Leaders" (PDF). Women's Tennis Association. 22 Februarie 2021. Besoek op 22 Februarie 2021.

Eksterne skakelsWysig