Soechoi Su-11
Russiese vegvliegtuig
Die Soechoi Su-11 is 'n Sowjet vegvliegtuig wat uit die Soechoi Su-9 ontwikkel is. Produksie het in 1965 begin; dit het 'n verbeterde radar, kragtiger motor en verbeterde wapens gehad. Die neus was verleng omrede die nuwe Uragan 5B radar groter was. Die nuwe missiele was die langstrek Anab lug-tot-lugmissiele wat in pare saamgedra is. Die een was hitte geleidend en die ander radar geleidend. Die Su-11 was nooit uitgevoer na enige Warskouverdrag-lande nie.
Soechoi Su-11 | |
---|---|
Tipe | Vegvliegtuig |
Vervaardiger | Soechoi |
Nooiensvlug | 25 Desember 1958 |
Bekendstelling | 1964 |
Onttrek | 1983 |
Status | Uit diens onttrek. |
Hoofgebruiker | Russiese Lugmag |
Vervaardig | 1962–1965 |
Aantal gebou | 108 |
Ontwikkel van | Soechoi Su-9 |
Tegniese besonderhede
wysigItem | Statistiek |
---|---|
Aantal motors | 1 |
Tipe motor | Straalmotor |
Vervaardiger | Lyulka AL-7F turbostraal met nabrander |
Kraglewering per motor | 10 000 kg stukrag |
Vlerkspan | 8,43 m |
Lengte | 17,4m |
Hoogte | 4,88 m |
Vlerkoppervlakte | 26,0 m2 |
Maksimum opstygmassa | 14 000 kg |
Maksimum snelheid | 1 915 km/h |
Operasionele hoogte | 17 000 |
Togafstand | 1 450 km |
Klimvermoë | 8 230 m per minuut |
Bewapening | Twee AA-3 Anab langstrek lug-tot-lug missiele |
Sien ook
wysigBron
wysig- Crosby, Francis: THE WORLD ENCYCLOPEDIA OF FIGHTERS & BOMBERS. 2015. ISBN 978-1-84476-917-9