Verskil tussen weergawes van "Seweweekspoort"

33 grepe bygevoeg ,  9 jaar gelede
Skakels
k (Verplasing van 1 interwikiskakels wat op Wikidata beskikbaar is op d:q3480859)
(Skakels)
}}
 
'''Seweweekspoort''' lê op ’n verbindingspad tussen die [[N1 (Suid-Afrika)|N1]] by [[Laingsburg]] in die [[Groot Karoo]] en die R62 naby [[Calitzdorp]] en [[Ladismith]] in die [[Klein Karoo]]. Die pad gaan by die voormalige sendingstasie [[Amaliënstein]] noordwaarts deur ’n poort van 17km wat deur die Seweweekspoortrivier (ook Huisriver genoem) in die Klein Swartberge gevorm is. Op
1 018m bereik die poort sy hoogste punt. Die maksimum helling is 1:14.
 
Die pad kruis die loop van hierdie westelike tak van die Gamkarivier 30 maal. Daarom is die poort tydens en na reën dikwels onbegaanbaar. Toerisme vorm die grootste verkeer op die roete weens die besondere ongerepte natuurskoon.
 
== Naam ==
Verskeie teorieë bestaan oor die oorsprong van die naam vir die poort. Die aanneemlikste is dat dit vernoem is na eerw. Louis Zerwick van die Berlynse Sendinggenootskap en waarskynlik werksaam was by Amaliënstein en [[Zoar, Wes-Kaap|Zoar]]. In die volksmond het Zerwickspoort deur die jare heen Seweweekspoort geword, want die bevolking het die seweweeksvaring geken.
 
== Geskiedenis ==
In die 1850's is daar met behulp van gevangene-arbeid begin om die pad langs die rivierloop te bou. Na weinig vordering is die taak in 1860 aan [[A.G. de Smidt]], swaer van [[Thomas Bain]] opgedra. Die pad is in November 1862 voltooi en is steeds in gebruik.
 
== Trivia ==
[[Seweweekspoortpiek]] (2325 m), 24km van Ladismith, is die hoogste piek in die Wes-Kaap.
 
== Sien ook ==
* [[Lys van bergpasse in Suid-Afrika]]
 
== Bibliografie ==
* Die Burger, 11 Mei 1973
* [[B.P.J. Erasmus|Erasmus, B.P.J.]]: [[Op Pad in Suid-Afrika]]. Jeppestwon: Ball, 2010. ISBN 978-1-86842-149-7