Verskil tussen weergawes van "Taunus"

73 grepe bygevoeg ,  7 jaar gelede
k
geen wysigingsopsomming nie
k
k
<div style="background:#f9f9f9; border:1px solid #aaaaaa; clear:right; float:right; font-size:90%; margin:1em 0 1em 1em; padding:1em; text-align:center; width:20em;">
[[Lêer:Taunus-Blick.jpg|200px220px]]<br /><br />
<big>'''Taunus'''</big><br />
'''''Die Höhe'''''
</div>
Die '''Taunus''' is 'n middelgebergte in die [[Duitsland|Duitse]] delstaat [[Hesse]], met westelike uitlopers in die aangrensende [[Rynland-Palts]]. Die Großer Feldberg in die noordelike Taunus is die hoogste bergpiek van die bergreeks met 'n hoogte van 879 meter bo seevlak. As deel van die Rynlandse Leisteenplato (''Rheinisches Schiefergebirge'') is dit een van die ouer bergreekse in Duitsland, met gesteentes wat oorwegend uit die [[Devoon]] dateer en tydens die varistiese orogenese geplooi is.
[[Lêer:Schloss-neuweilnau-taunus001.jpg|thumb|links|Kasteel Neuweilnau]]
 
''Taunus'' is die oorspronklike [[Kelte|Keltiese]] naam van die bergreeks wat in vergetelheid geraak het nadat die laaste Romeinse troepe die gebied ontruim het. Dit is eers eeue later weer gebruik om na die gebergte te verwys. In die tussentyd het bewoners die middelgebergte net "die Hoogte" (''die Höhe'') genoem. Dié term het in die besonder na die drie bergpieke verwys wat selfs in verder afgeleë streke in die verte sigbaar was, en die bergreeks wat tussen Main, Ryn, Lahn en Wetterau rys - as 'n steil gebergte of as saggies golwende heuwellande. Vandag dra die bergreeks albei historiese name.