Maak hoofkeuseskerm oop

Wysigings

33 grepe bygevoeg ,  5 jaar gelede
k
[[Lêer:Koeln roemerturm 031204.jpg|thumb|right|250px|Die Romeinse toring, 'n oorblyfsel van die antieke stadsmuur]]
 
Oorspronklik het 'n klein Germaanse volk met die Latynse naam ''Eburones'' op die linkeroewer van die Ryn gewoon. In die jaar 53 v.C. is hulle deur [[Julius Caesar|Gaius Julius Caesar]] verslaan en feitlik uitgewis. 'n Ander volk in die gebied, die Ubiërs, het besluit om liewer geen weerstand teen die Romeinse verowering te bied nie en eerder 'n verbond met die Romeine te sluit. Die Romeinse veldheer [[Marcus Vipsanius Agrippa|Agrippa]] het die Ubiër-nedersetting van die regter- na die linkeroewer van die Ryn verskuif. Die versterkte nedersetting ''oppidum Ubiori'', wat in [[39 v.C.]] ontstaan het, was die voorloper van die stad Keulen. Ubiërs het vervolgens as hulpsoldate 'n belangrike rol by die militêre beskerming van die Ryngrens gespeel.
 
Kort voor die begin van die Christelike jaartelling is die nedersetting se status tot dié van 'n sentrale dorp verhef. 'n Altaar, die ''Ara Ubiorum'', is opgerig en twee van Rome se vier Rynlegioene in die nabygeleë militêre kamp gestasioneer. In 15 of 16 n.C. is Julia Agrippina, die dogter van Germanicus en latere vrou van keiser [[Claudius]] (10 v.C. - 54 n.C.) en moeder van keiser [[Nero]] (37-68) in die Oppidum Ubiorum gebore. Die Ubiërs het in hierdie tydperk begin om na hulself as Agrippinense te verwys. Die vader van Agrippina was die teenspeler van Arminius, en blykbaar het die Ubiërs as geromaniseerde Germane hulself eweneens van dié rebel gedistansieer.
 
In [[50|50 n.C.]] is die Romeinse keiser [[Claudius]] deur sy nig en eggenote Julia Agrippina, 'n boorling van Keulen en die moeder van Nero, oorreed om stadstatus aan die nedersetting te verleen. Dit het vervolgens die nuwe Latynse naam ''Colonia Claudia Ara Agrippinensium'' gekry (wat dikwels met sy voorletters CCAA afgekort of net Colonia Agrippina genoem is). Die term ''colonia'' het na die Romeinse burgerreg verwys, ''Claudia'' na die ontstaanstyd (gedurende keiser Claudius se heerskappy), ''ara'' na die feit dat 'n belangrike Romeinse altaar in die gebied opgerig is, en ''Agrippinensium'' na Agrippina, wat die aanleiding tot die stigting van die kolonie gegee het. Die nedersetting was voortaan in regtelike opsig gelykgestel aan Italiese stede.
99 529

wysigings