Verskil tussen weergawes van "Cleopatra VII"

16 grepe bygevoeg ,  7 jaar gelede
sp, skakel et al
(Skakels)
(sp, skakel et al)
|gadebewind =
|gadevan =
|eggenoot = Ptolemeus XIII Theos Philopator<br>Ptolemeus XIV<br>[[MarkusMarcus Antonius]]
|eggenoot 1 =
|eggenoot 2 =
|moeder = Cleopatra V van Egipte
}}
'''Cleopatra VII Philopator''' ([[Grieks]]: Κλεοπάτρα Φιλοπάτωρ; [[69&nbsp;v.C.]] – 12 Augustus [[30&nbsp;v.C.]]), in die geskiedenis bekend as '''Cleopatra''', was die laaste aktiewe [[farao]] van [[Antieke Egipte]]. Sy is net vir ’n kort rukkie deur haar seun en medeheerser [[Caesarion]] oorleef. Haar naam is afgelei van die [[Antieke Griekeland|Antieke Griekse]] naam Κλεοπατρα (Kleopatra), wat beteken "glorie van die vader".<ref>{{cite web |title=Cleopatra: Meaning & History |url=http://www.behindthename.com/name/cleopatra |publisher=Behind the Name.com |accessdate=4 April 2014}}</ref><ref>{{cite web |title=Kleopatros: Meaning & History |url=http://www.behindthename.com/name/kleopatros |publisher=Behind the Name.com |accessdate=4 April 2014}}</ref>
 
==Bewind==
Cleopatra washet lid vantot die [[Ptolemeïese Dinastie]] behoort, ’n familie van Griekse oorsprong wat ná [[Alexander die Grote]] se dood oor [[Egipte]] regeer het tydens die [[Hellenistiese tydperk]]. Sy het haar laat vereer as die Egiptiese godin [[Isis]]. Cleopatra het aanvanklik regeer saam met haar pa, [[Ptolemeus XII Auletes]], en later saam met haar broers, Ptolemeus XIII en Ptolemeus XIV – met wie sy volgens Egiptiese tradisie getroud is. Sy het egter later die alleenheerser geword. As farao het sy ’n verhouding met [[Julius Caesar]] aangeknoop, wat haar houvas op die troon verstewig het. Sy het later haar seun by Caesar, [[Caesarion]], as medeheerser in naam aangewys.
 
Sy het Caesar na [[Rome]] gevolg, maar ná sy moord in 44&nbsp;v.C na Egipte teruggekeer, waar sy ’n verhouding met [[MarkusMarcus Antonius]] aangeknoop en saam met hom Caesar se wettige erfgenaam, Gaius Julius Caesar Octavianus (later bekend as [[Augustus]]), teengestaan het. By Antonius het sy drie kinders gehad: die tweeling Cleopatra Selene II en Alexander Helios, en nog ’n seun, Ptolemeus Philadelphus. Nadat hulle in die [[Slag van Actium]] deur Octavianus se magte verslaan is, het Antonius selfmoord gepleeg en Cleopatra het sy voorbeeld op 12 Augustus 30&nbsp;v.C. gevolg.<ref>{{cite web|url = http://www.smithsonianmag.com/history-archaeology/biography/cleopatra.html|title = Who Was Cleopatra? (bl. 2)|accessdate = 2008-01-22|publisher = Smithsonian Magazine}}</ref>
 
Sy is vir ’n kort rukkie oorleef deur haar seun Caesarion, wat deur sy ondersteuners as farao aangewys is, maar hy is kort daarna op bevel van Octavianus vermoor. Egipte het toe die [[Romeinse Ryk|Romeinse]] provinsie Aegyptus geword.
10 160

wysigings