Verskil tussen weergawes van "Johannes J. Smith"

Verbeter
(Verbeter)
Professor '''Johannes Jacobus Smith''' ([[5 Oktober]] [[1883]] - [[18 Junie]] [[1949]]) was 'n Suid-Afrikaanse taalkundige en eerste redakteur van die amptelike Afrikaanse Woordeboek. Hy is naby [[Tulbagh]] gebore en ontvang sy opleiding in die [[Paarl]] en [[Stellenbosch]] voordat hy sy studies in die buiteland voorsit. Hier spesialiseer hy in die Germaanse tale. In [[Londen]] word hy tot die balie toegelaat en behaal die hoogste punte in [[Engeland]]. In 1914 word hy dekaan van die fakulteit Duits en Frans aan die destydse Victoria-kollege. Nadat dié kollege sy naam verander na die [[Universiteit van Stellenbosch]] in 1919 word hy professor in [[Afrikaans]]. Tussendeur was hy die redakteur van ''Ons Moerdertaal'' en ''[[Die Huisgenoot]]'' van 1917 tot 1924.
 
== Bron ==