Verskil tussen weergawes van "Lewis-en-Clark-ekspedisie"

Verbeter en nog besig!
(Verbeter en nog besig!)
(Verbeter en nog besig!)
 
Kaptein William Clark en Meriwether Lewis was aangestel as ekspedisieleiers. Gedurende die somer van 1803 het hulle reeds begin met voorbereidings. Hulle het begin op 14 Mei 1804 vanaf [[St. Louis]] en het die monding van die Platterivier bereik, die teenswoordige [[Bismarck]], op 2 November 1804 waar hulle oorwinter het. Hulle breek hulle kamp op en reis verder in April 1805. Hulle beriek die mond van die Yellowstonerivier, sien die [[Rotsgebergte]] vir die eerste keer en vind drie sytakke van die Missouririvier wat hulle Jefferson, Madison en Gallatin noem. Hulle beweeg teen die Jefferson op, kruis die Rotsgebergte gedurende September, gaan af met die Columbiarivier en sien die Stille Oseaan ook in November. Hulle oorwinter op die kus en begin die terugtog op 23 Maart 1806. Hulle arriveer terug in St. Louis op 23 September 1806.
 
== Bron ==
* ''Collier's Encyclopedia'', Crowell-Collier Educational Corporation, Volume 14, Bladsy 532.